Bevry van dwelms en drank

Die eerste paar dae na my ontsnapping uit die klub het ek vreeslike onttrekkingsimptome gehad: ek was koorsig, het gehallusineer en opgegooi, elke spier in my lyf was bitter seer en ek was dikwels papnat gesweet. Ek wou met alle mag en geweld dwelms in die hande kry, al het ek in die hospitaal medikasie gekry om my te help. Ek sou ure lank slaap, maar sodra ek wakker geword het, het ek van voor af begin huil oor die aaklige pyne in my spiere, my kop, my maag en my gewrigte. Ek het egter besef dat dit al manier was om die gif uit my gestel uit te kry. Hoewel groot gedeeltes van hierdie tyd vir my heeltemal “blank” is, sal ek nooit die pyn en alleenheid vergeet waardeur ek is nie. Wat ek wel onthou, is dat my naels en toonnaels persblou was; van my toonnaels het ook begin afval en van my naels het opgelig. Dit was ongelooflik seer, maar ook deel van die gif wat besig was om uit te werk. Ek moes daardeur worstel en het ure na my kamer se dak gesit en staar. Soms het ek weer van die pyn begin opkrul, soms het my hele lyf begin jeuk. Dan sou ek my tone, my vingers, my nek, my maag, en voor ek my kon kry, my hele lyf stukkend krap. Ek het ellendig gevoel, die hele ervaring was hel en ek was bitter maer. Soms wou ek regtig net doodgaan. Na ’n ruk het ek egter weer begin mens voel, ek het begin eet en soos ’n prinses gebad. My gelaatskleur was ook weer normaal en ek kon my ware self in my spieëlbeeld begin sien. Ek wens ek het vandag die wilskrag wat ek toe gehad het ... ek kan nou nog nie glo dat ek daardeur gekom het nie. Al hierdie simptome het ook nie sommer net na ’n paar dae verdwyn nie en ek het ’n tyd lank nog gesmag na die swewende gevoel wat die pille my gegee het. Ek wou dit weer ervaar, ek wou weer koud en ongenadig voel, maar ek het geweet dat dit my in die tronk van verwoesting sou hou. My lewe was aan skerwe en ek moes weer die stukke begin optel en my verslawing heeltemal oorkom. Vandag besef ek dat ek nie alleen daardeur is nie, maar deur die krag van God daardeur gedra is ...

My pad daarna

Toe ek sterk genoeg was, het ek my moed bymekaargeskraap en is ek terug Dewetsdorp toe. Die blydskap op my stiefma se gesig sal ek nooit vergeet nie. Hoewel my pa ook bly was om my te sien, was daar ’n koue afstand tussen ons. Ek het in my ou kamer ingetrek. Ons het nooit gepraat oor wat gebeur het nie, maar ek het stadig maar seker meer selfvertroue begin kry – vasberade om met ’n nuwe lewe te begin.

Die polisieondersoek na my ma se dood was gesluit en as selfmoord afgehandel, maar ’n nuwe speurder op die dorp het weer deur haar lêer gegaan. Iets was nie pluis nie, het hy vir my gesê. Ek moes weer na die foto’s van haar doodstoneel kyk en weer alles wat ek kon onthou vir hom vertel. Maande lank het hy gewerk aan die saak en ek moes alles herleef. Daar was genoeg bewyse dat sy nie selfmoord gepleeg het nie, maar nie genoeg om te bewys dat sy vermoor is nie. Tot vandag toe nog weet ek werklik nie wat om te glo of te dink nie. Selfmoord? Moord? Nee, ek weet nie. Een van die ergste dinge van haar dood waarmee ek moet saamleef, is dat die nadoodse ondersoek bevind het dat sy omtrent twee tot drie ure nadat sy geskiet is, bly leef het. Die koeël is deur die hoofslagaar in haar nek en weer by haar rug uit. Na bewering was sy op haar knieë toe sy geskiet is, maar skynbaar het sy daarna opgestaan, badkamer toe geloop, ’n handdoek gevat om die wond toe te druk, en ook nog na die venster toe geloop sodat sy om hulp kon roep. Die ondersoek het tot my ontsteltenis bevind dat sy in haar eie bloed versmoor het. Tog het ek berusting gekry hieroor. Ja, soms raak dit ondraaglik seer wanneer ek weer begin wonder wat presies daardie dag gebeur het. Ek sou so graag die waarheid wou weet, wou weet hoe haar lewe geëindig het, maar gaan dit my enigsins vandag help? Gaan dit van my ’n beter mens maak? Sy rus nou, en eendag wanneer ek by God is, sal die waarheid wel uitkom.

Ek sal haar onthou soos sy was. Ek onthou daardie oggend voor haar dood so goed. Sy het op die bed gesit en ek het vir haar totsiens gaan sê, haar op haar voorkop gesoen en vir haar gesê dat ek lief was vir haar. Ek wil eerder aan daardie herinneringe vashou as om weer vandag iets oop te krap wat net tot meer pyn en seer kan lei. Sy het baie foute gehad en was nie regtig ’n ma vir ons nie, maar ek verlang na haar en mis haar baie. Ek wens soms sy kon my vandag sien, waar ek is, wat ek doen. En soms wonder ek wat sou gebeur het as ek en sy wel daardie middag uit my stiefpa se huis uit gevlug het. Hoe sou ons lewens vandag gewees het?

Na my ma se dood het ek my stiefpa nooit weer gesien nie. My pa en my broer is ook intussen oorlede. Ek en my broer het nooit kans gekry om oor alles te praat nie, maar ek glo dat hy nie geweet het waar ek was nie. Ek het lank geen kontak met my suster gehad nie, maar gelukkig is sy nou weer deel van my lewe – ’n wonderlike tweede kans vir ons albei.

Ek is nie terug skool toe nie en het net standerd 7 (graad 9) agter my naam (ek is in die helfte van standerd 8 uit die skool). Ek het by die Dewetsdorp-hotel begin werk waar ek letterlik alles gedoen het: van ontvangs, tot kelnerin, kroegmeisie en skoonmaker. Maar ek wou wegkom en het die kans aangegryp toe ek gehoor het van ’n werk by ’n hotel in Hoopstad. Die eienaar en sy vrou het my kom haal en daar het ek met my lewe voortgegaan. Ek het lang ure gewerk, maar dit baie geniet. Ek wou nie terugkyk na die verlede nie, ek wou net op my eie aangaan. Ek kon nie toe met mense oor my ondervindings praat nie; ek wou net daarvan vergeet en wou niks meer onthou nie. Dit het my ook baie lank geneem om weer normaal te funksioneer. Emosioneel was ek soos ’n robot en het elke dag dieselfde roetine gevolg: opgestaan, gebad, klaargemaak vir werk en is dan kroeg toe. Nadat die kroeg saans gesluit het, het ek kamer toe gegaan en gaan slaap.

Ek was ’n paar weke daar toe ek my meisiekind se pa ontmoet het. Ons het begin kuier en sommer gou het ek by hom in Hoopstad ingetrek – en swanger geword. Op 2 Februarie 1998 is Michaela Christine Davis na 21 uur in kraam gebore. Presies twee weke na haar 16de verjaarsdag in 2013 het haar pa in ’n motorfietsongeluk gesterf. Dit het haar lank geneem om sy dood te verwerk, wat ek goed kan verstaan. Sy wens tot vandag toe nog dat sy meer tyd saam met hom kon bestee het, maar ons kan nie die lewe voorspel nie en ons weet nie wat die toekoms inhou nie. As ma wens ek soms ek kan haar pyn self dra, maar ondersteuning en liefde is al wat ek haar kan bied. Ek kan haar vertel dat Jesus haar liefhet, dat Hy haar seer raaksien en dat ek ook nie weet hoekom sekere dinge in die lewe gebeur nie, maar dat alles tog oukei gaan wees.

“Die dag toe ek jou die eerste keer vasgehou het, het alles gaan stilstaan, my liewe kind. Jy was en is steeds my ‘miracle’. Jy is gebore uit ’n lyf wat vermink was, jy is in my gevorm toe ek nog rou was. Jy het onmiddellik diep in my hart gekruip, jy is die een wat my trane kom wegvat het en is die hoop waarvoor ek gebid het.”

Nadat ek en haar pa uitmekaar uit is, het ek het na Bethal getrek waar ek ’n werk as ’n assistent by ’n ouditeursfirma gekry het. Daar het ek ’n liefde vir boekhou ontwikkel. Dit was ook in Bethal waar ek my man later sou ontmoet. Hy was van Johannesburg af en het vir MIBCO (Motor Industry Bargaining Council) gewerk. Hy het maande lank elke naweek vir my kom kuier voordat ek na hom toe in Johannesburg getrek het. Ons bly vandag op ’n kleinhoewe aan die Wes-Rand waar ek steeds ’n boekhouer is. My grootste passie is egter om vir slagoffers van mensehandel (human trafficking) te baklei.

In 2012 het ek die akteur en motiveringspreker Hykie Berg ontmoet – ’n man wie se hart beslis op die regte plek sit. Hy is ook die ambassadeur van PSARU (People Search and Rescue Unit). Suid-Afrikaners ken hom veral vir sy rolle in TV-reekse soos Plek van die Vleisvreters, Egoli en Binnelanders, en onlangse flieks soos Forsaken en Rowwe Diamante. Vandag getuig hy ook landswyd van sy redding uit die donker hel van dwelmverslawing.

Na ons ontmoeting het ons saam as sprekers by kerke, skole en ander organisasies begin optree. Onder andere het ons ook na Dewetsdorp gegaan om met die mense daar te praat. Dit was nogal ’n baie spesiale ondervinding vir my. Wanneer ons nie saam optree nie, reis ek baie op my eie rond om op verskeie plekke van my ervarings en van die wonderwerk van my redding te getuig. Om gered te word uit die onderwêreld waar ek ’n seksslaaf was en daarna van dwelm- en drankverslawing genees te word, is beslis ’n wonderwerk van God.

Die tydskrifte Finesse (Desember 2012) en Intiem (Januarie 2013), en radiostasies soos Radiosondergrense (RSG) en Radiokansel, gee my ook die geleentheid om deur middel van onderhoude my storie te vertel. Met die hulp van Karin en Flip Loots van Triple M Productions het die aptekersgroep Dis-Chem in 2013 aan boord gekom en ’n video van tien minute geborg wat op YouTube uitgereik en deur Rapport bekend gestel is.

Nicky Rheeder, een van die direkteure van die organisasie Missing Children South Africa, het my in Oktober 2013 gekontak om ook vir hulle as spreker op te tree. Die TV-persoonlikheid Nico Panagio, onder andere bekend as 7de Laan-akteur en Top Billing-aanbieder, is ook ’n direkteur van dié organisasie. Hy bestee vandag baie tyd daaraan om vermiste kinders op te spoor, juis omdat die verband tussen mensehandel en vermiste kinders so sterk is.

Ek het die hoogste respek vir mense soos Hykie en Nico gekry. Hulle het nie ’n chip op die skouer omdat hulle bekende persoonlikhede is nie. Hulle is hartsmense met die kennis en die vermoë om uit te reik na al die verlore, gesteelde en verworpe siele in die samelewing. Ons het meer mense soos hulle nodig. Ons het meer mense nodig om saam met ons te werk en saam met ons te bid. Want almal in Suid-Afrika moet weet wat in die donker onderwêreld om ons gebeur. So gou moontlik.

’n Paar voorvalle

Soos ek reeds genoem het, is my grootste passie vandag om mense bewus te maak van mensehandel en om vermiste kinders op te spoor. Mense dink dat mensehandel nie in Suid Afrika plaasvind nie, maar dit gebeur baie hier. Mense besef ook nie wat die verband tussen mensehandel en verlore kinders is nie. Het jy geweet dat daar elke ses uur ’n kind in Suid-Afrika vermis raak? Dít beteken dat sowat 1 460 kinders per jaar verdwyn.

Armoede speel een van die grootste rolle in mensehandel. Ouers verkoop hul kinders vir so min as R250 aan sindikate vanweë beloftes van ’n beter lewe en ’n groot inkomste. Min weet die ouers egter waarheen hul kinders gaan.

Hier waar ek in Johannesburg werk, is Rosettenville waarskynlik die gebied waar sindikate in mensehandel vir die seksbedryf die aktiefste is. Maar hulle is landswyd bedrywig: van die hawens in elke kusstad tot in dorpies in die platteland. Van die jong mense met wie ons op straat kontak maak, is bang om te praat, want hulle weet hul pimps hou hulle dop. Een verkeerde stap en hulle sal dit ontgeld. Op straat hoor ons van die sadistiese lewe wat met mensehandel gepaardgaan en van kinders van so jonk as tien wat vir pornografiese video’s gebruik word. Hulle word gewoonlik bedwelm sodat hulle nie weet wat met hulle gebeur nie. Hierdie pornografiese video’s word regdeur Suid-Afrika verkoop.

Slagoffers van mensehandel wat in die seksbedryf gebruik word, bring net vir ’n ruk geld in vir hul “eienaars” omdat kliënte altyd na nuwe bloed op soek is. Die slagoffers word dus binne maande van die een na die ander bordeel verkoop. Afhangende van die eienaars se behoeftes kyk hulle onder meer na aspekte soos haarkleur, liggaamsbou, nasionaliteit en ras. Slagoffers word ook soms op georganiseerde veilings verkoop waar verskillende kopers op hulle bie.

Nuwe slagoffers word so gou moontlik aan dwelms verslaaf gemaak sodat die eienaars ’n houvas op hulle kan kry. Van gesonde kos vir hulle is daar geen sprake nie. Wanneer die slagoffers se liggame later so uitgeteer is dat hulle net uit vel en been bestaan, is hulle nie meer van nut nie en word daar van hulle ontslae geraak. Baie van dié slagoffers word nooit gevind nie – geen spore of lyke word agtergelaat nie.

Soms kom ons egter wel op ’n lyk af, soos dié van ’n meisie wat ons steeds aan ’n ketting vasgemaak in ’n hool in Johannesburg gevind het. Volgens die nadoodse ondersoek het sy aan ’n oordosis dwelms gesterf. Na ’n lang soektog het ons haar ouers opgespoor ... hulle wou egter niks van haar weet nie.

Die sindikate werf hul slagoffers op talle maniere, maar van die gewildste metodes is om enkellopende tieners op straat of in winkelsentrums te teiken. Daarom pleit ek altyd by ouers om nie hul kinders alleen by sentrums te gaan aflaai nie.

Nog ’n gewilde werwingstegniek is om op sosiale platforms met tieners kontak te maak. Dan word daar eers ’n vriendskapsband met hulle gesmee voordat die aanvallers toeslaan. Ek het onlangs met ’n geval te doen gehad waar ’n meisie slegs ’n paar blokke van haar ouerhuis af ontvoer is terwyl sy winkel toe gestap het. Haar aanvaller het op Facebook met haar bevriend geraak. Volgens sy vals profiel het hy in Australië gewoon, maar eintlik was hy in dieselfde buurt as sy. Sy het hom binne ’n kort tydjie soveel vertrou dat hy presies geweet het wat sy doen, en wanneer en waar sy alleen sou wees. Op dié manier het hy nuttige inligting bekom om toe te slaan.

In ’n ander geval het ons een aand ’n 20-jarige meisie hoogs bedwelmd op ’n sypaadjie gevind waar sy in ’n hopie agter ’n lae muurtjie opgekrul gelê het. Ons het haar dadelik vir mediese hulp laat opneem. Later het sy vertel dat sy gereageer het op ’n advertensie van ’n agentskap wat ’n goeie salaris aangebied het aan deeltydse kelnerinne of hostesses by private partytjies. Al wat hulle moes doen, is om drankies aan te dra en met die gaste te meng. Haar eerste afspraak was egter rampspoedig. Sy moes uitlokkende klere dra en saam met die sakemanne drankies drink. Haar drankie is egter gou gespike en die manne het geld op die tafel neergesit – die hoogste bieër kon haar lyf kry.

As deel van my werk plaas ons gereeld vals advertensies op verskillende webtuistes en platforms om sindikate, bordeeleienaars en ander seksoortreders uit te lok. Tipiese advertensies is byvoorbeeld “Mature lady seeking position”, “Sexy teen looking for model contract” of “Rich guy wants to have fun”.

Die terugvoering op hierdie advertensies is oorweldigend, maar ons werk geduldig daardeur. Sodra ons snuf in die neus kry, knoop ons ’n gesprek met die persoon aan om soveel inligting moontlik te kry wat ons dan later aan die polisie kan oorhandig om dit te ondersoek. Tydens een van hierdie veldtogte, waartydens ek my as ’n man voorgedoen het, het ons onder meer die volgende terugvoering gekry: “I have a ten-year-old who is willing to have sex with you”.

Nog ’n voorval wat ek nooit sal vergeet nie, het nie te lank terug nie in ’n plattelandse dorpie afgespeel waar ek ’n spreker by die plaaslike kerk was. Na die tyd het ’n vrou met my kom gesels. Sy was jonk en mooi, maar ek kon sien haar siel was gebreek. Sy het my vertel hoe haar kêrel haar ook aan sekssindikate verhuur het om sy skuld te delg.

Een aand in 2012 het ek ’n TV-span wat die wêreld van mensehandel wou sien, na die strate van Johannesburg geneem. Soos gewoonlik het ek ’n hoed gedra wat laag oor my gesig getrek is sodat niemand my sou herken nie. Ek het vir die motorbestuurder beduie hoe om by ’n spesifieke huis uit te kom wat ek goed geken het – ek het geweet wat sou gebeur, maar die TV-span nie. Toe ons voor die huis stop, het gewapende mans uit die niet verskyn en na ons toe gestap. Die motorbestuurder het paniekerig geraak, maar het my raad gevolg om stadig weg te ry en in die volgende straat af te draai. Skielik was daar twee of drie voertuie agter ons wat ons met flikkerende ligte uit die buurt verdryf het. Hierdie huis was een van die vele sekshoofkwartiere van sindikaatleiers in Johannesburg. Hul handelsware – die slagoffers – kom nie net van regoor Suid-Afrika nie, maar uit alle dele van Afrika. Wanneer hulle nuwe slagoffers inkry, word die kopers gekontak om hul bestelling te plaas en hul “inkopies” te kom haal. Slegs dan mag voertuie voor die huis parkeer. Na die oproepe gemaak en die transaksies beklink is, word daar van die selfone se SIM-kaarte ontslae geraak om enige bewyse te vernietig. Die gewapende lyfwagte wat ons uit die gebied verdryf het, word duisende rande per maand betaal om die sindikaatleier te beveilig.

Ek weet hoe hierdie ouens te werk gaan, ek het gesien waarna hulle soek en hoe hulle geld maak. Vir hulle beteken slagoffers niks nie, hulle kyk net na die geld wat hulle uit hierdie arme mense kan maak. Hulle dink boonop hulle is baie magtig, maar hulle is beslis nie magtiger as God nie.

Die statistiek skok

Prostitusie en sekshandel is twee verskillende goed en kan nie oor dieselfde kam geskeer word nie. Dit moet ook nie met mekaar verwar word nie. Sekswerkers besluit self om ’n inkomste uit prostitusie te verdien en word deur niemand daartoe gedwing nie. Hulle kan kom en gaan soos hulle wil, of kan die bedryf enige tyd verlaat wanneer hulle wil. Mensehandel in die seksbedryf verskil heeltemal hiervan. In hierdie bedryf word onskuldige tieners ontvoer, gevange gehou, bedwelm, en gedwing om seks met kliënte te hê. Mensehandel is dus wanneer iemand jou liggaam teen jou wil aan die seksbedryf verkoop. Dit strek egter baie wyer as net die seksbedryf: van organe wat op die swartmark verkoop word tot slawerny en offerandes tydens Sataniese rituele. Mensehandel is presies wat die woord sê: dit is die koop en verkoop van mense.

Gaan doen gerus ’n google-soektog na woorde soos human trafficking of sex trafficking en jy sal op ’n magdom artikels hieroor afkom. Hier volg net ’n paar daarvan:

Beeld, 20 Junie 2013

Die aard van georganiseerde misdaad keer soms dat gevalle van prostitusie, slawerny en gedwonge huwelike waarby minderjariges betrek word, aangemeld word.

Gevalle soos dié van ’n 14-jarige Angolese seun wat na bewering deur ’n sindikaat as dwelmmuil gebruik is, is nog ’n verskynsel wat vanweë die sindikate se werkswyse nie die owerhede se oë en ore bereik nie. Die seun is op 9 Junie by ’n taxistaanplek in die middestad gekry. Hy beweer hy is vyf jaar gelede ontvoer en werk sedertdien as dwelmmuil.

Matipa Mwamuka, koördineerder van die organisasie Activists Networking Against the Exploitation of Children (Anex) se projek teen mensehandel, het by navraag gesê die seun se geval is die eerste in sy soort wat by Anex aangemeld is.

“Dit is egter nie te sê dat daar nie nog sulke gevalle bestaan nie. ’n Mens moet in gedagte hou dit is georganiseerde misdaad, en dié net span wêreldwyd.”

Anex help tans nie-regeringsorganisasies om blyplek vir die seun te reël. Hulle help ook om ’n maatskaplike werker te reël en verleen hulp in pogings om sy ouers op te spoor.

Kaptein Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê die tiener moet nog ondervra word. Die ondersoek kan daartoe lei dat lede van ’n dwelmsindikaat aangekeer word.

“Die moontlikheid van mensehandel sal ook ondersoek word.”

Mwamuka het gesê gevalle van mensehandel waar kinders vir die kommersiële seksbedryf en slawerny na Suid-Afrika gelok word, word min deur die publiek opgemerk en aangemeld. Meer bewusmaking is dus noodsaaklik. Minderjarige slagoffers van mensehandel, volgens haar, word soms deur ander jong mense gelok en beland so in die strik.

“Die kinders word deur volwassenes opgelei om die werk te kan doen.” Dwelms speel ook ’n rol, veral by kinders in die seksbedryf.

“Mense word hierheen gelok met allerlei beloftes – beloftes oor ’n beter lewe en geleenthede.”

Volwasse en jeugdige slagoffers uit Zimbabwe, Lesotho en Mosambiek word hierheen gelok.

Mwamuka het gesê soms is Suid-Afrika die eindbestemming van die slagoffers, maar partykeer dien die land net as deurgangsroete vanweë die toeganklikheid van die hawens en lughawens.

Mensehandel tussen provinsies is plaaslik ook ’n probleem.

“Mense word van die Noord- en Oos-Kaap na Kaapstad gebring,” het Mwamuka gesê.

Times Live, 6 November 2013

South Africa ranks among the 10 countries in Africa where human trafficking is worst, with 100 000 people reportedly being trafficked in the country annually. And experts believe this number is not a true reflection of the crime as legislative shortcomings hinder prosecutions.

A newly released database shows that the main driving factors for human trafficking in South Africa are sexual exploitation, forced labour, drugs and an alarming new trend of parents selling their children for adoptions or sex. Organ trafficking is a growing concern.

The first LexisNexis Human Trafficking Awareness Index – released in Johannesburg yesterday – paints a picture of growing trafficking numbers and a shortage of specialised task teams to investigate the crimes.

Doctor Monique Emser, of the KwaZulu-Natal Human Trafficking, Prostitution, Pornography and Brothel Task Team, said: “South Africans need to be worried. Human trafficking is the final stage in exploitation.

“South Africa is an extremely exploitative society, with poor attitudes regarding women and children. [there is] a low value of life that leads to people being viewed as commodities.”

The database shows that 540 people – 67 of them children – were potentially trafficked into and within South Africa in the last two years, 96 for sexual exploitation, 271 for forced labour, 90 for organ trafficking, four for forced marriages (ukuthwala) and two as drug mules. Emser said the biggest problem facing South Africa was the lack of a centralised database, even at provincial level. Different government departments and non-governmental organisations have different reporting structures with different classification systems.”

Compiled over the past 24 months and to be published quarterly, the LexisNexis database maps trends, incidents, legal developments and victim and offender profiles. It is the first such report in South Africa. The database was released as the government pushes to establish specialised provincial task teams to respond to trafficking. There are only six such teams currently.

Advocate Thoko Majokweni, head of the sexual offences and community affairs unit at the National Prosecuting Authority, said: “The biggest [challenge] is legislating correctly. [New legislation] will go a long way to help us monitor and respond correctly to ensure the criminalisation of all forms of human trafficking.”

In February last year – in one of the country’s largest anti-trafficking raids – 16 under-age girls were rescued from a Durban brothel. In April last year, 200 Cambodian men and boys, who were trafficked to Cape Town for forced labour, were rescued from a fishing vessel.

Billy Last, the LexisNexis South Africa CEO, said the index aimed to show that trafficking was not something that happened only to a few people in faraway countries.

“It is happening right here in South Africa, in our backyards. It is important that as citizens we become more aware of it.”

Despite significant strides in the proclamation of anti-trafficking legislation this year, South Africa lags far behind other countries. A US State Department trafficking report found that, though the South African government was making significant efforts, it did not fully comply with the minimum standards to eliminate trafficking.

“Government departments took preparatory steps, such as developing regulations and policy directives, to be ready to implement the legislation upon enactment ... however, challenges remain in the identification and investigation of trafficking cases,” it said.

Daily Voice en iol news, 31 Januarie 2012

South Africa is a hotbed for the billion-dollar human trafficking industry. Even worse, experts say parents often play a role in the modern-day slavery of their own babies and children. People are sold for muti and organ “donation”, babies and children are used for sexual exploitation, cheap labour and even forced marriage.

In Durban, police have found girls as young as 12 years old selling their young bodies on the streets.

The Centre for International Policy’s Global Financial Integrity programme estimated last year that global human trafficking accounted for R230 million of illicit trade, only one third behind drugs and counterfeit goods.

In 2000, social workers and officers of the Child Protection Unit estimated there were 28 000 child prostitutes in South Africa.

Joan van Niekerk from Childline says they are still trying to assess exactly how many people have been caught up in the human trade.

“However, it is a significant problem in South and Southern Africa and is fed by our high levels of poverty, orphanhood and parental irresponsibility,” she says.

According to Barbara Ras, founder of the Atlantis Women’s Movement and a shelter for trafficked victims in Atlantis, there has been an increase in numbers.

“In 2009, we had 16 trafficking victims, in 2010, 35, and last year we had 67,” she tells the Daily Voice.

“I think the reason for this spike is that no one is making a noise about it, our courts are too quiet.”

Recently a Joburg teenager told of how she escaped a child trafficking ring. The 16-year-old girl was kidnapped in Bramley last year by four men. After being drugged, she was taken to Khayelitsha where she was raped, beaten, threatened and told she would be put to work as a prostitute. After two months, she managed to escape and was reunited with her family. The Hawks are currently investigating the case.

Barbara says traffickers especially target women and children from rural areas, and often lure them away under the pretext of jobs in the big city.

“These people are poor, there are no jobs, some parents are alcoholics and don’t take care of their children,” says Barbara. “These are innocent girls who go away to work because they think they can get a better life and escape the poverty cycle.”

She says trafficking rings are more sophisticated than people think.

“There’s a whole network of people involved – recruiters, taxi drivers, the person waiting in the city, etc. There are even women that help with the trafficking of children and other women,” she explains.

“However, girls are also taken from malls, bus stops and taxi ranks.”

Barbara says traffickers treat the girls well in order to gain their trust.

“The girls are drugged – it’s placed in their food and drinks – so by the time they realise they are in trouble, it is far too late,” she says.

“While they are drugged, they are raped and photos are taken of them, which are used to blackmail them. Their clothes and shoes are taken away, so that they don’t escape. Some of these girls don’t even have breasts yet. They are brought into Cape Town and dropped off in places like Athlone and Goodwood for domestic work where they are treated like slaves.”

Barbara adds: “In other cases, they are taken to clubs and brothels where they are kept drugged, beaten and abused. They are kept prisoner and are constantly watched. Some girls are even sold from person to person – this problem is bigger than we realise and this came to light through the active work of the City’s Vice Squad.”

Barbara says trafficking is done by both local and foreign perpetrators.

“One of the biggest contributing factors to trafficking is that there is too much free access to our borders,” she says. “We need more border control and national government must make sure we get our specialised units back – we really need them.”

Meanwhile, organisations have called on Parliament to finalise the Prevention and Combating Trafficking in Persons Bill, also known as the TIP Bill. Currently offenders are charged with sexual abuse, rape and kidnapping.

According to Molo Songololo, a large number of cases gets dismissed in court due to lack of evidence, poor investigations, poor cooperation from witnesses (victims), and the length of the prosecution process.

“Another danger is when these perpetrators are arrested but not convicted, they come back and search for these girls because they know too much,” adds Barbara. “The scars never heal for these children, many are so damaged that they go back to the streets and prostitute themselves. Traffickers are unscrupulous people and they must be brought to book. And if people know about it, they must speak out.”

Kom ons gesels

’n Tweede kans

Baie dankie aan my Jesus. Wow! Hy het my opgetel toe ek in die modder gelê het. Toe ek gedink het die dood is by my, het Hy Sy hand uitgesteek en my opgelig. Dankie, Jesus, dat U my innig liefhet en daarom vir my ’n tweede kans gegee het. Dankie vir die tye wat ons al saam gelag en gehuil het, dankie vir die sterk hand en arms wat my al so baie opgetel het. Dankie vir U bemoedigende liefde, U warm Vader-oë wat tot in my siel sien. Dankie, Jesus, dat my liggaam vandag gesond is, dankie vir die tye wat ek snags sommer net met U kon chat. Dankie dat U daar was en geluister het. Dankie, Jesus, vir al die kere wat U my opgetel het toe my liggaam en bene te siek was om self op te staan.

Daarom sê ek vandag: Dankie, Jesus, vir dié tweede kans. Ek is so lief vir U, Jesus.

Amen

* * *

Mense vra my gereeld na afloop van openbare optredes, radiopraatjies of motiveringsgeleenthede hoe ek dit so maklik regkry om alles wat met my gebeur het, in die verlede te laat. En dan antwoord ek: Nee, jy maak ’n fout – dit is níé maklik nie. My hele lewe, van kleuterdae af, het letterlik bestaan uit die een oorlewingstryd na die ander. Van kleins af het ek net probleme, armoede en swaarkry geken. Ek het altyd gedink dat ek eerder nooit gebore moes gewees het nie. Dit het my baie jare geneem om oor alles te kom, maar ek het ’n tweede kans gekry om vandag my storie te vertel en my hand na al die ander slagoffers uit te steek. Ons sal hierdie stryd nooit opgee nie, want Jesus gee ons elke dag die vermoë om die bose te beveg.

Aan elke slagoffer daarbuite – elke mensie wat nou vasgevang is en wie se liggaam nou uitverkoop word – weet net dat ek elke dag vir julle bid. Ek bid dat julle die krag en moed sal ontvang om uit te hou tot julle gered word. Ons probeer ons bes om by julle almal uit te kom en julle te kom haal, want ons is lief vir julle. Daarom veg ons sonder ophou teen die bose vir julle en julle vryheid. Soos soldate wat slaggereed is, staan ons elke oggend op en skryf jul name in die sand totdat ons julle kry. Daar is hoop – bly net vasklou aan God en aan jou geloof totdat die kettings deur Jesus en sy duisende engele losgemaak word en jy vry is. Want elke slagoffer verdien ’n tweede kans.

Bestaan God werklik?

“Ek wens ek kon deur jou oë sien, my vriend, ek wens ek kon jou seer neem en dit myne maak, maar al wat ek kan doen, is om dit vir Jesus te gee. Hy sal weet wat om daarmee te maak.”

Ek gesels gereeld met mense wat my van hul onstuimige en slegte kinderjare vertel. Dan wil hulle altyd weet: Is daar regtig ’n God? Want as daar een is, hoekom het Hy toegelaat dat dit alles met my gebeur?

Ons kan mos nie vir God blameer vir ons ouers en ander mense se besluite en lewenswyses nie? Net so min kan ek vir God blameer wanneer ek self, uit vrye keuse, sekere besluite neem. God gee vir ons die reg en die kennis om self te besluit, maar as ek die verkeerde besluit geneem het, kan ek nie later vir God blameer as dit negatiewe nagevolge het nie. Net so kan ons nie vir God blameer vir die manier waarop ons grootgeword het nie.

Wanneer laas het jy Psalm 139 gelees? En toe jy dit gelees het, het jy verstaan wat Dawid hier vir ons wil sê? Dit het my jare geneem voordat ek dit heeltemal begryp het. Ons as mense is bitter klein in hierdie wrede wêreld waarin ons leef – maar net so klein as wat ons is, so groot is God. Al het ek God in my jonger dae soveel keer verstoot, was dit steeds Hy wat my deur elke krisis gedra het. Miskien gaan jy op hierdie stadium van jou lewe deur ’n intense laagtepunt, miskien verstaan jy nie wat met jou gebeur het nie, maar daar is een ding wat ek geleer het: klou altyd net aan God vas! Wanneer ons regtig besef hoe lief God ons het, kan ons al ons seer en bekommernisse net so vir Hom gee. Ons hoef dit nie self te dra nie – Hy sal. Daarom het ek Psalm 139 as volg vir myself verwerk:

U omsluit my van alle kante

Here, U sien deur my. U ken my – of ek sit en of ek opstaan, U weet dit.

U ken my gedagtes nog voordat dit by my opkom. Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit. U is met al my paaie goed bekend. Daar is nog nie ’n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees.

U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Die wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip.

Waarheen sou ek gaan om U Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan U teenwoordigheid te ontkom?

Klim ek op na die hemel, is U daar. Gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.

Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, ook daar lei U hand my, hou U regterhand my vas.

Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander, maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie, en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig.

U het my gevorm, my aanmekaargeweef, in die skoot van my moeder.

Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek vir seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is, waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.

U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in U boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is U gedagtes vir my, o God. Hoe magtig dit almal! As ek dit sou wou opnoem – dit is veel meer as wat daar sand is – en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.

Deurgrond my, o God!

Deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!

(Eie verwerking van Psalm 139, vanuit die Nuwe Lewende Vertaling van Die Bybel.)

Die dag wanneer hierdie Psalm ’n indruk op jou lewe maak, kan jy nie anders as om te glo dat daar ’n God is nie. Jy kan nie anders as om in te sien dat jou Skepper jou so goed ken nie. Is dit nie ongelooflik wonderlik nie? Ek wens ek het hierdie Psalm al as kind geken. Dit sou my die krag gegee het vir elke dag wat gevul was met verlorenheid, alleenheid, pyn en verwerping. Maar nee, in plaas daarvan om die antwoorde in God se Woord te gaan soek, het ek gevlug. Ons almal dink mos ons probleme sal verdwyn as ons vlug. Dit is seker natuurlik om instinktief so te dink wanneer dinge net te veel raak, maar dit bied beslis nie die oplossing nie. Nog minder bring dit genesing.

Om ons lewens te verbeter, en eindelik genesing te kry, is ’n proses wat in onsself begin. Ons moet eers ’n bewustelike besluit neem voordat verandering in ons lewe merkbaar sal wees. Dit help nie jy gee vir ander die skuld vir jou omstandighede nie; dit sal jou ook nie baat om op mense staat te maak om jou te help en om rigting aan jou lewe te gee nie. Nee, die enigste rigtingwyser wat ons moet volg, is regop boontoe. Maak staat op God, vertrou Hom. Dít is die grootste geskenk wat jy jouself ooit sal kan gee.

Dit help ook nie om te probeer wegkom van die merke wat jou omstandighede en jou verlede op jou gelaat het nie. As jy daardie letsels ontken, sal jy nooit deur die rouproses kan gaan op die pad na genesing nie. Vat jou letsels, en gee dit net so vir God. Glo my, Hy wil dit van jou af wegneem – maar jy moet ook jou kant bring. As jy vandag in slegte omstandighede vasgevang is, of op plekke uithang wat net negatiewe energie in jou lewe inbring, moet jy eers die keuse maak om daaruit weg te breek. Kom ons kyk byvoorbeeld na dwelmmisbruik. Hoe jy dit ook al probeer regverdig, dit ís sleg vir jou. Dit tas jou gesondheid aan, dit strem jou breinontwikkeling en dit vernietig jou korttermyngeheue. Maar dít is gering in die lig van ander moontlike probleme. Afhangende van die soort middels waaraan jy verslaaf is en hoeveel jy gebruik, kan dit jou finansieel uitroei. Jy kan selfs jou werk verloor. Hierna kan jy nie God vir jou omstandighede blameer nie – want dit was jou eie keuse. Jy kan ook nie elke oggend vir Hom vra om die vorige aand se letsels vir jou te dra nie, maar dan sluk jy vanaand nog ’n pil, snuif nog ’n lyn of skink nog ’n glasie nie.

Ja, daar is ’n God. Hy sal altyd vir jou ’n tweede kans gee. Vra Hom net. En Hy sal jou help om die regte keuses te maak. Doen dit net.

Drank is nie altyd so onskuldig nie

Die gebruik van alkohol is ’n sosiaal aanvaarde praktyk, en ek sê nie dit is verkeerd nie. Dit is immers ’n mediese en wetenskaplike feit dat ’n glasie alkohol selfs goed vir jou gesondheid kan wees. Die probleem lê nie by die gebruik van alkohol nie, maar by die misbruik daarvan. Kom ons neem die voorbeeld van ’n sjokoladestafie: een stafie per week kan die nodige suikervlakke in jou liggaam aanvul, maar as jy elke dag sommer drie tot vyf stafies verorber, sal jy vinnig probleme ondervind, veral as jy dit boonop met ’n liter of meer gaskoeldrank per dag afsluk. Kort voor lank sal jy in jou huisdokter se spreekkamer sit! Daarom sê ek weer: die probleem lê nie by die gebruik van enigiets nie, maar by die misbruik daarvan. Presies dieselfde geld wat alkohol betref. Dit was ook die geval met my en my ouers gewees: drank was my ontvlugting en hul afgod.

Ek weet my ouers het op hul manier hul bes vir ons gedoen. Ten spyte van al die gevloek, armoede en geweld, beskou ek steeds nie my ma as ’n slegte mens nie. Ek onthou haar groot, pragtige bruin oë, haar mooi, breë glimlag en haar sagtheid as mens wat soms deurgeskyn het. Ek onthou die wonderlike tye wanneer my ma nugter was, hoe sy my sou omhels en my sou vertel het hoe lief sy my het. Dié mooi prentjie kon soveel langer gehou en dalk soveel mooier gewees het as dit nie was dat drank hul lewens oorgeneem het nie. Daarsonder kon hulle nie leef nie; daarsonder kon hulle nie elke dag se pyn verduur nie.

Dit was hul keuse om elke aand smoordronk te word sodat hulle van hul eie letsels kon vergeet. Daar was egter ’n alternatief wat hulle nooit aangegryp het nie: Om na God te gaan en te sê “Liewe Vader, ek wil uit hierdie bose kringloop wegbreek; help my. Vat my letsels, vat my seer, want ek kan dit nie meer dra nie.”

Mishandeling laat letsels

“Neem die hemel as jou hawe; die Bybel as jou kaart en die Here as jou stuurman. Dit is my beste raad.”

Na my ma se skietdood is ek in ’n kliniek opgeneem waar ek vir depressie behandel is. Al die pasiënte daar het hartseer stories gehad. Die meeste het aan selfmoordneigings gely. Almal daar het die een of ander tyd deur ’n lelike krisis gegaan wat hulle nie kon hanteer nie. Daar was onder andere jong kinders wat óf gemolesteer óf verkrag is. Jong kinders wie se lewens aan ’n draadjie gehang het. Elkeen van hierdie mensies is pragtig en uniek in God se oë, maar om te lewe was nie meer vir hulle ’n opsie nie. Vir baie van hulle was die dood die enigste alternatief.

Jy sien, wanneer jy deur iets so onmenslik soos mishandeling, molestering of verkragting moes gaan, word iets van jou menswees van jou ontneem. Die eie-ek – daardie iemand wat net jy intiem geken het – bestaan eensklaps nie meer nie. Oornag verloor jy die innerlike sterkte om op te staan teen wat verkeerd is en die wil om daarteen te baklei. Talle van die slagoffers waarmee ek al gewerk het, het oornag verander in willose marionette wat deur ander beheer en manipuleer word. Gaandeweg verander van dié slagoffers dan in skaduwees van wat hulle eens was.

Ek sal nooit Jesus se woorde vergeet toe Hy vir Sy dissipels gesê het dat die kindertjies syne is nie:

“Moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.” (Matteus 19)

Is jy ook ’n slagoffer van enige vorm van mishandeling? Voel jy skuldig daaroor dat dit gebeur het? As seksuele slagoffers dink ons mos dat dit ons skuld is dat dit gebeur het omdat ons dit nie gekeer het nie. Ek verstaan hoe jy voel, want ek moes deur dieselfde emosies werk. Destyds, toe ek op laerskool was, het ek keer op keer saam met my broer na die onderwyser se kleinhoewe gegaan. Ek het geweet wat gaan gebeur, maar nogtans het ek gegaan. ’n Hele jaar lank. Hoekom? Ek weet nie. Is ek gedwing of het ek dalk gedink dat dit my plig was om dit te doen in ruil vir die groente en kos wat hy vir ons huisgesin gegee het? Ek weet nie. Wat ek wel vandag weet, is dat laerskoolkinders eintlik net wil speel. Begrippe soos afpersing en manipulasie maak glad nie deel van hul verwysingsraamwerk uit nie. Daarna kom die skuldgevoelens: Hoekom het ek dit toegelaat? Wat gaan die mense van my dink as hulle sou uitvind? Is ek nou ’n sondaar en slegte mens wat geen bestaansreg meer het nie?

Ek wil vandag vir al die bullebakke sê dat God raaksien wat jy aan ’n ander doen. Al sit jy self met jou eie seer as gevolg van dinge wat in jou verlede gebeur het, gee dit jou nie die reg om jou frustrasies op ander uit te haal nie. As jy in ’n spieël na jouself sou gaan kyk, wat sal jy sien? Is jy trots op wat jy gedoen het? Het dit van jou ’n beter mens gemaak? Voel dit lekker om iemand te slaan wat reeds op die grond lê? Het jy ooit al gedink hoe dit moet voel om in jou slagoffers se skoene te staan? Nee, want jy sien nie saans hul trane wanneer alles stil, donker en alleen is nie. Jy sien nie die hoekoms en die waaroms wat deur hul gemoedere spoel nie.

My boodskap vir jou, liewe bullebak, is dat God vir jou ook lief is. Hy gee om vir jou en Hy wil vir jou ook ’n toekoms gee. Steek net jou hand uit en Hy sal jou vat!

Maak oop en praat

“Deel jou seer en pyn met iemand en laat dit uitkom. Wanneer ons ons pyn deel met ander, gaan venstertjies oop na ons siel wat alles skoonmaak en genees. Maak vandag jou venstertjie oop. Kyk, Jesus staan en wag.”

Praat jy al daaroor, of is jy nog te skaam omdat jy steeds vuil en vernederd voel oor wat met jou gebeur het? Jy worstel met al hierdie gedagtes wat jou onderkry, maar jy is te bang om teenoor iemand wat jy kan vertrou, oop te maak en daaroor te praat. Ons as slagoffers dink mos as ons dit ignoreer, sal al daardie onaangename herinneringe weggaan. Kom ons bêre dit eerder diep weg en hoop dat dit sommer net sal verdwyn. Ja, om dit weg te bêre sal miskien die pyn tydelik onderdruk, maar só sal jy nooit genesing vind nie.

Nee, my liewe maatjie, dit sal nie weggaan nie. Dit help nie jy krop al daardie negatiewe emosies op nie. Dit moet uitkom. Jy móét met iemand daaroor praat, want die eerste stap na genesing is om daardie rou eina binne jou oop te maak. Jy kán dit doen. En wanneer jy dit doen, belowe ek jou jy sal soos ’n nuwe mens voel. Neem sommer vandag al die eerste stap en praat met Jesus oor wat met jou gebeur het. Hy wag vir jou om jou seer met Hom te deel en dat jy Hom sal vertrou met al jou pyn. Wanneer jy dit doen, val al die ou seer van jou lyf af en skyn die lig van Jesus deur. Soos ’n timmerman kom skaaf en werk Hy aan jou om jou te herstel tot die mens wat jy aanvanklik was.

Vergifnis of haat?

Ons kan nie altyd kies wat met ons gebeur nie, maar ons kan wel kies wat ons daarmee gaan doen. Gaan jy ’n wrok koester? Gaan jy die haat teenoor die persoon wat dit aan jou gedoen het, vertroetel? Jy kan, maar dan gaan jy later ’n bitter mens word met pyn in jou hart wat al groter en groter sal word. Of gaan jy vergewe, die stukkies van jou lewe optel en ’n nuwe pad vir jou skep? Dit is jou keuse.

Haatdraendheid is ’n uiters negatiewe emosie wat ons harte so volkome oorneem dat daar nie eers plek is vir God om Sy werk te doen nie. Dikwels kla ons dat God se lig, Sy genesende hand, nie in ons lewens sigbaar is nie – maar dikwels is dit net omdat ons nie vir Hom die nodige ruimte daarvoor gee nie.

Ek het aanvanklik die vernietigende pad van haat en veroordeling gestap. Die wrok wat ek saam met my gedra het, het my lewe later so oorheers dat ek glad nie meer op my toekoms en op alles wat werklik saak maak, kon fokus nie. Ek het elke dag gedink aan wat met my gebeur het. Ek het elke oomblik van vernedering en van seerkry vertroetel totdat ek op ’n dag weer by my pastoor was. Ek was in ’n tronk, ’n tronk van my eie besluite, en ek het God voortdurend verwyt vir wat met my gebeur het. Ek was bitter kwaad en het vir God gevra om almal wat my leed aangedoen het, iets verskrikliks aan te doen. Ek het vergelding gesoek, maar Hy het nie. Hy het ’n ander, beter en groter plan gehad. Vergifnis. Ek het Sy stem duidelik in my hoor praat: Jy moet eers vergewe voordat jou pyn genees kan word; jy moet eers vergewe voordat positiewe dinge in jou lewe vrygelaat kan word; jy moet eers vergewe sodat Ek die ruimte kan kry om wonders in jou lewe te doen.

Skielik het ek die groter prentjie gesien. Ek het vir Jesus aan die kruis gesien hang terwyl Hy vir sy aanvallers bid: “God, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.”

Ek het begin huil. Eensklaps was ek nie meer die volwasse, haatdraende vrou nie, maar weer die klein dogtertjie wat net op soek was na liefde, aanvaarding en versorging. En veiligheid. Ek het op my knieë op die mat neergesak en net met Jesus begin praat:

“Liewe Jesus, ek buig vanoggend voor U voete en bring my seer na U toe, want, liewe Heer, ek weet nie meer wat om daarmee te doen nie. Dit vreet my op soos kanker, ek is verlore en dra soveel pyn in my hart rond. Liewe Jesus, U is my Skepper en my Maker. Net U alleen ken my oneindiglik goed en net U, my Jesus, ken my gebrokenheid en seer. Ek kom vanoggend na U toe omdat ek vry wil wees. Daarom vergewe ek vanoggend elke persoon wat my skade aangedoen het.

Ek vergewe my ouers vir die haglike omstandighede waarin ek moes grootword. Ek vergewe hulle vir elke aand wat ek honger moes gaan slaap, vir elke uitskel, vir elke keer wat hulle dronk was en ek aan hul geweld blootgestel was. Ek vergewe die onderwyser wat aan my as klein laerskooldogtertjie gevat het en dinge met my gedoen het wat hy nie moes nie. Ek vergewe die persoon wat my na die klub toe geneem en my daar verkoop het. Ek vergewe die klubeienaars vir alles wat ek daar moes deurgaan terwyl ek nie wou nie. Ek vergewe elke man wat in daardie tyd my liggaam gehuur het, my verneder het, my aangerand het. Ek vergewe hulle almal.

Ek vra ook vanoggend dat U hulle almal ook sal vergewe. Ek ken nie hul lewensverhale of agtergronde nie; ek weet nie hoekom hulle dit aan my gedoen het nie en daarom mag ek hulle nie oordeel nie.

Liewe Jesus, hierdie swak liggaam van my behoort net aan U, maar dit is stukkend. Daarom bring ek dit vir U vir genesing. Was my liggaam met U bloed sodat ek skoon kan wees en dat my pad vorentoe ’n hospitaal sal wees vir ander slagoffers soos ek, sodat ek hulle ook kan help. Ek weet, my God, dat U my Herder en Here is en dat geen mens op aarde my ooit meer leed kan aandoen nie.

Dankie, Jesus, dat U aan die kruis gesterf het vir my sondes, en vir die sondes van elke mens wat my leed aangedoen het.

Amen

Nadat ek almal vergeef het, het ek kamers vir God in my lewe oopgemaak wat Hy met Sy skatte gevul het. Maar ek het nie net deure vir Hom oopgemaak nie, Hy het ook deure vir my oopgemaak.

’n Geliefde se dood ruk

“Jesus, ek verstaan nie alles nie. Ek het so baie vrae waarop ek antwoorde soek, maar nou wil ek net met my seer by U voete kom sit en huil. Ek wil net U arms om my voel. Want ek weet deur net in U nabyheid te wees, ek beter sal voel.”

Elke dag gaan ons maar net aan met ons lewens asof môre ’n gegewe is. Soggens of saans groet ons ons familie doodluiters asof dit vanselfsprekend is dat ons hulle later weer gaan sien. Maar die lewe is nie werklik so voorspelbaar nie. Het jy al daaraan gedink dat wanneer jy vanaand by die huis kom, jou eggenoot, jou ouers, of dalk jou kind, nie meer met jou sal wees nie? Het jy al ooit daaraan gedink dat jou geliefde moontlik nie meer môre in jou lewe sal wees nie? Net die blote gedagte daaraan ruk ’n mens. Vandag is ons hier, en môre is ons weg.

Dit is sekerlik een van die mees traumatiese ervarings wat ’n mens kan beleef wanneer ’n geliefde onverwags sterf. Daarna ervaar jy ’n warboel van emosies en fases. Is jy nou in so ’n stadium van jou lewe? Glo my, my liewe mens, ek verstaan hoe jy voel. My broer is onlangs oorlede, voor hom my pa, en toe ek op skool was my ma. Een van die eerste emosies is ontkenning en verslaentheid. Nee, dit is nie waar nie! Hoe kon dit gebeur? Dit kan mos nie moontlik wees nie?

Daarna kom woede. En dikwels is dié woede direk tot God gerig.

Nadat ek my ma daardie oggend in 1993 (ek was toe in standerd 8) dood in haar slaapkamer aangetref het, was ek lank daarna nog woedend vir God. Ek het hom blameer vir haar skietdood omdat Hy dit toegelaat het. Ek het eers op Hom geskree, maar later begin wonder of daar werklik ’n God bestaan. As ek nou daaraan dink, besef ek dat jy met so ’n houding jou ore toemaak vir die woorde en ondersteuning van ander mense naby aan jou. Hulle kan met jou simpatiseer, hulle kan hulp aanbied, hulle kan vir jou bid – maar jy is absoluut doof vir alles.

Na my ma se dood het ek baie berading in die kliniek gekry waar ek opgeneem is, maar ook daarna by pastorale leiers. Een van die begrippe wat ek nooit sal vergeet nie, is dié van aanvaarding. Eers wanneer jy die dood aanvaar, kan die pad na genesing begin. Jy moet besef, en aanvaar, dat die persoon dood is. Maar wat beteken aanvaarding van die dood dan, het dit destyds deur my kinderkoppie gemaal. Aanvaarding is mos ’n baie groot woord. Hopeloos te groot vir ’n kind – en soms vir volwassenes ook – om te verstaan. Wat is dit? Hoe aanvaar ’n mens die dood – is dit soos wanneer jy en jou kêrel uitmaak? Of is dit soos om net te aanvaar dat jy nie goed met wiskunde is nie? Moes ek net aanvaar dat dit haar tyd was om te sterf? Al hierdie goed het deur my kop gestroom, en net mooi niks was sinvol nie. Ek wou met niemand praat nie, ook nie eers met God nie, want vir Hom was ek nog te kwaad. Later, toe ek in die klub was, het ek nog net kwater vir Hom geword. Maar gelukkig, ten spyte van alles, hou God nooit Sy liefde van ons af weg nie.

Dit was eers drie jaar na my ma se dood dat ek skaam-skaam die vrymoedigheid gehad het om terug te gaan na God toe. Ek het nie geweet wat om vir Hom te sê nie; ek het Hom maar net gevra of ek by Sy voete kan kom sit. Ek wou nie praat nie, ek wou nie huil nie. Ek wou net by Hom wees. Skielik het die wonderlikste gevoel oor my gekom. Rustigheid, berusting, aanvaarding. En ek het geweet dat die God wat ek vir so lank verwerp het, my nooit verlaat het nie.

Moenie neerkyk op ander nie

Jare na my ma se dood het ek selfmoord gehaat. Ek het gedink dis die grootste sonde ooit en het altyd gesê almal wat selfmoord pleeg, is swakkelinge wat nie murg in hul pype het nie. Weereens het God my op my knieë gebring en vir my gevra hoe ek dit kan veroordeel, want net Hy mag oordeel. Wie gee my die reg om my mening so brutaal uit te deel? Ek was op daardie tydstip in my lewe baie haatdraend. Ek het mense sleggesê, ek het gedink ek was beter as ander en ek het gevoel die wêreld skuld my iets. En so het ek in die slaggat van meerderwaardigheid getrap. ’n Plek waaruit jy ander veroordeel. Ek het nie net mense met selfmoordneigings verag nie, maar ook boemelaars, bedelaars, ryk mense en prostitute. Ek was so kwaad vir die lewe dat ek feitlik alles en almal om my gehaat het.

Is jy nie dalk vandag ook op so ’n plek nie? Toe jy vanoggend werk toe gery het, met watter oë het jy na die bedelaar by die robot gekyk? Het jy neergekyk op hom en gedink jy is soveel beter as hy, want jy het tenminste ’n huis, voertuig en ’n werk? Ja, ek was lank op so ’n plek gewees. Bedelaars was vir my die skuim van die aarde; mense wat te lui was om werk te gaan soek. Tot die Here my weereens tot my sinne moes bring en my herinner het aan waar ek vandaan kom. As kind moes ek bedel of steel om aan die lewe te bly. Wanneer my ma nugter was, sou sy piesangbrode bak of huisversierings maak wat ek van huis tot huis in ons woonbuurt moes verkoop. Ek het dit gedoen, want wanneer ’n mens in so ’n situasie is, sal jy enigiets doen om te oorleef. Wanneer ek vandag kinders sien bedel, onthou ek altyd hoe my lewe destyds was. Om heeldag in ander se oë te kyk vir geld, is baie afbrekend; dit verkleineer jou en skaad jou menswees.

Voor jy weer op ’n bedelaar neerkyk, stop eers by hom en gesels met hom, want jy weet nie in watter situasie hy hom bevind nie. Kyk na sy verbrande vel, dor lippe en stukkende klere. Raak deel van sy lewe en staan net ’n oomblik in sy skoene. Miskien sal jy dan ook groter deernis vir hom kry. En wanneer jy vir hom iets in die hand stop, wees dankbaar teenoor God dat Hy jou wel geseën het met die finansiële vermoë om aan ander te kan gee.

As jy nie in ’n ander se skoene staan nie, kan jy nie klippe gooi nie ...

Wenke vir tieners

“Tannie, ek wil nie meer by my pa en ma bly nie. Dis nie lekker daar nie. Ek dink ek gaan wegloop.”

Ek kry gereeld sulke boodskappies per SMS, WhatsApp of op Facebook van kinders wat ek tydens my praatjies by skole ontmoet. Die onderliggende boodskap is altyd dieselfde: hul omstandighede by hul ouerhuis het onuithoudbaar geword. Nou wil hulle net vlug. Waarheen weet hulle nie, solank hulle net kan wegkom. Na ’n beter lewe, glo hulle dikwels. Vir hulle sê ek: My liewe tiener, ek weet hoe jy voel, en ek veroordeel jou glad nie. Maar ek kan vandag vir jou sê dat dit nie die beste oplossing vir jou probleme is nie. Onthou, ek het dieselfde gevoel. Toe ek ’n tiener was, wou ek ook met alle geweld wegkom. En nadat ek van die huis af weggeloop het, het ek in die klub beland waar ek gevange gehou is. Toe sou ek weer enige iets doen om met my familie herenig te word. Om weg te loop, is regtig nie die oplossing nie, want hoe weet jy wat vir jou in die vreemde wag? Vir my was dit die hel self. Gaan praat eerder met iemand wat jy kan vertrou en jou kan help. ’n Geestelike berader, ’n onderwyser, ’n sosiale werker, ’n familielid. Daar is ook baie Christelike beradingsgroepe op Facebook waar jy jou hart kan gaan uitstort. Daar is regtig baie mense wat jou wil, en sal, help. Vra net.

Help jouself só:

Wenke vir ouers

“Soms maak ons as ouers foute wat ons nie wil hê ons kinders moet raaksien nie. Hoewel ons nie perfek is nie, kan ons egter steeds probeer om ’n veilige omgewing vir ons kinders te skep. Dis tog immers die fondasie wat jy vir hulle neerlê.”

Die enigste rede hoekom ek my storie landswyd vertel, is om die duur lesse wat ek geleer het met ander te deel. Elke kinderlewe wat ek só kan red, elke verhouding tussen ’n tiener en sy ouers wat ek hiermee kan herstel, maak al my wedervarings die moeite werd. Maar elke storie wat iemand anders vandag vir my vertel, ruk aan my hart. Soos die mamma wat my in Augustus 2012 gebel het nadat ek ’n onderhoud op RSG gedoen het. Haar kind het van die huis af weggeloop en het daarna verdwyn. Sy wens sy het ’n beter verhouding met haar kind gehad en het geweet wat in haar lewe aangaan, het sy hartseer vertel.

Ja, baie van die gevalle van kinders wat as vermis aangegee word, is inderdaad kinders wat van die huis af weggeloop het. As jy dalk ’n gebroke verhouding met jou kinders het, doen enige iets om dit reg te stel, al beteken dit dat jy professionele hulp moet kry. Maak tyd vir jou kinders en sit en gesels met hulle. Vind uit hoe hulle oor dinge voel en die lewe sien, al stem jy nie noodwendig saam nie en al maak dit wat hulle sê dalk seer. Ons gesinne en families is klein geskenkies wat God vir ons gee om vir Hom op te pas. Koester mekaar. Moenie dat onvergifnis, kwaad en seer tussen jou en die mense na aan jou kom nie. Tieners raak baie verward en kry baie seer. Boonop is die druk wat tieners vandag op sosiale vlak ervaar baie feller as jare gelede toe ons self nog kinders was. Gee jou kinders die ruimte om hulleself te vind binne die raamwerk van jou wysheid en insig.

Ken dus jul kinders – dit is regtig die belangrikse wenk wat ek ooit vir ouers kan gee. Weet wie hulle is, wat hulle dink, wat hul drome en vrese is, wie hul vriende is. Weet wat op hul rekenaars aangaan, wat hulle google en op watter sosiale platforms hulle aktief is. En al hoe jy dit gaan regkry, is om tyd vir hulle in te ruim, met hulle te gesels en kosbare oomblikke met hulle te deel. Werk aan ’n verhouding waar wedersydse vertroue die wagwoord is, jy jou kinders se beste pel is en hulle die vrymoedigheid sal hê om met enige vraagstuk, bekommernis of probleem na jou toe te kom.

Help julle kinders só:

Slot

Sou ek my lewe – van kleuter, tiener, en volwassene tot waar ek vandag is – anders wou gehad het? Dit is ’n baie moeilike vraag. Na wat met my as tiener-seksslaaf in Bloemfontein gebeur het, was ek ’n stukkende mens. Maar deur die jare het die genade en liefde van God my weer heel gemaak. Ek is deur al die pyn, vernedering en swaarkry met ’n doel: om vir God ’n vegter te wees en om vir Hom op aarde te werk.

My doel is om Sy kinders – al die verlorenes en slagoffers – terug Huis toe te bring. Ek sal nie almal kan red nie, al wil ek ook hoe graag. Party dae raak ek woedend as ek sien wat met ons tieners gebeur; party dae voel ek moedeloos en hulpeloos teen die groot aanslag van die bose. Party dae weet ek dat die pad vorentoe nie maklik gaan wees nie. Maar dan ervaar ek keer op keer weer God se krag. Ek ervaar hoe Hy my versterk, hoe Hy my gebruik, en hoe Hy my van Sy krag en liefde gee om dit wat ons doen, deur te voer. Ons is nie bang vir die sekssindikate en die bendeleiers nie, want God stuur Sy engele om ons te beskerm.

Vir diegene wat geld maak uit onskuldige slagoffers se liggame, het ek die volgende boodskap: Ons sal nie opgee nie en julle sal ons níé onderkry nie. Ons sál die slagoffers kom red, die een na die ander. Ons sal grawe en krap totdat ons weet waar julle hulle aanhou. Ons sál kom, onbevreesd, want ons word omring deur die engele van ons Skepper, Vader en God.