3. Die blote gedagte …

1.

“GET YOUR ROCKS OFF! GET YOUR ROCKS OFF”!

Waddefok!

Waar is ek? Wat gaan aan?

Ek gryp na my foon, maar is so deur die kak dat ek nie die regte icons op die touchscreen betyds kan druk nie. Dit hou op lui en gaan oor na voicemail. Ek moes op my ouma se sofa uitgepass het. Ek kyk deur skrefiesoë rond, die lig is gans te fokken skerp. Rocky lê op die vloer en slaap, sy kop op my ouma se kussing met ’n prent van die Voortrekkermonument daarop wat sy donkiejare gelede op ’n kerkbasaar gewen het vir die beste kafferwaatlemoenkonfyt van die jaar.

Bliep-bliep. Beyers Eybers. “Malletjie! Bel my so gou as wat jy kan. Daar is ’n wending in die Stander-sage.”

Ek spring op. “Rocky! Rocky!” skud ek hom wakker.

“Jisjisjis!” sê hy. “Hoe laat is dit?”

Ek kyk op my foon. Tienuur.

Rocky vryf die slaap uit sy oë. Ek vertel hom van die voicemail. Pik sit net voor hom en uitstaar asof hy gehipnotiseer is en sê nie ’n dooie woord nie. Oubaas en Hilda kom in die gang afgetrippel en kerm vir kos by my. Diana is weer missing in action, maar onder die krismisboom lê ’n dooie slang wat sy in die nag ingedra het.

Ek gooi pellets vir die poedels in en sit die ketel aan. Ek gaan haal kakpapier in die toilet om die slang mee op te tel. Bloed en binnegoed peul rooi en geel en groen uit sy lyf soos Diana hom gemartel het. Wat ’n gemors. Ek gaan gooi dit buite in die asblik en los die kombuisdeur oop sodat Oubaas en Hilda kan gaan kak en pis as hulle klaar gevreet het. Ek gaan was my hande in die badkamer en op pad terug loer ek by my ouma se kamer in om te sien of sy orraait is. Sy slaap soos ’n klip.

Rocky het intussen die koffie ingegooi. Hy haal ’n Tupperware-bakkie met twee daggamuffins uit sy sak. “Dit sal nou net die ding doen vir brekfis,” sê hy en gee een vir my aan. Ons laat nie op ons wag nie en eet dat die krummels so spat.

“Ryk en lekker,” sê ek en vat ’n sluk koffie. “Pure plaas.”

“Dit kan jy weer sê,” sê Rocky.

“GET YOUR ROCKS OFF! GET YOUR ROCKS OFF”! skree my foon. Ben de Beer, pop die naam op. Ek sit die speaker function aan sodat Rocky ook kan hoor.

“Wat de donder gaan aan?” brul hy sonder om te groet. “Daar is ’n helse storie op Volksmond se voorblad dat Zander verdwyn het!”

Ek maak of ek uit my geloof uit geskok is. “WAT?” skree ek byna in die foon en doen my bes om baie, baie pissed-off te klink. “Dis mos totaal godsonmoontlik! Waar het hulle die storie gekry?” Ek vat nog ’n hap van die muffin.

“Die berig sê ’n sangeres het Vrydagaand by die Absa Vuur & Vlam Awards in Sun City in die kleedkamer agter die verhoog vir iemand gesê Zander het spoorloos verdwyn.”

Nou moet ek vinnig dink. Fokken vinnig. “Watter sangeres?”

“Hulle gee nie haar naam nie.”

“Vir wie het sy dit gesê?” vra ek.

“Hulle gee sy naam ook nie. Hier staan net hy was een van die produksie-assistente en dat hy anoniem wil bly uit vrees vir intimidasie.”

“So, dan moet dit hy wees wat die koerant toe afgetip het.” Ek scheme ek moet ons tracks nog beter cover. “Wie is die joernalis wat die storie geskryf het?”

“Laat ek kyk. Beyers Eybers.”

“Het jy enige idee wie die produksie-assistent kan wees?”

De Beer skep asem. Dan brul hy voort. Hy klink nou nog meer die bliksem in. “Dit kon enigiemand gewees het. ’n Klankman, iemand wat met die ligte gewerk het, ’n make-up artist, ’n runner, énigiemand. Ek is die dónder in. As sulke stories eers begin loop, kan ’n mens dit nie keer nie. Ek het eers gedink dis julle wat koerant toe gehardloop het met die storie.”

“Thanks, Ben, ons is darem nie so stupid nie,” sê ek en probeer my bes om soos ’n cheesed-off stuk mafia-skuim te klink. “Ons is nie amateurs nie.”

Hy maak keelskoon. “Wat gaan ons nou doen?”

“Die joernaliste sal jou vandag mal bel. Dink solank baie mooi wat jy alles vir hulle gaan vertel. En baie ander mense gaan jou ook bel. Luister mooi na wat hulle te sê het, en luister veral na wat hulle tussen die lyne sê en nié sê nie. Dan laat weet jy ons later vandag wat jy alles gehoor het.”

Hy bly vir ’n oomblik stil. Hopelik sink my woorde in. “Niemand het nog gebel om ’n losprys te eis nie,” sê hy dan. “So, dalk is Zander nie ontvoer nie.”

“Enigiets is moontlik in dié stadium van die geveg.”

“En wat gaan julle doen?” blaf hy.

Dit voel of die muffin en die koffie nou lekker inskop. “Ons het ’n dodelik strategiese plan van aksie uitgewerk wat ons op die punt was om operasioneel te laat inskop,” sê ek sonder om twee keer te dink. Ek moet De Beer nou afgeskud kry, want hy raak nou nes ’n lastige brommer op ’n drol. “Maar nou is daai plan moer toe, want dit het berus op die veronderstelling dat hierdie ’n ondergrondse ondersoek sou wees buite die openbare oog, maar nou het dit bogronds gegaan. En dit bemoeilik sake aansienlik, so ons sal dringend moet gaan sit en ’n alternatiewe strategie en operasionele scenario uitwerk. Want as iets eers in die openbare oog is, is dit ’n uiters gevaarlike situasie. Dit beteken dus dis back to the drawing board.”

Teen so ’n stortvloed woorde is De Beer nie bestand nie en hy sê oukei-oukei-tot-later-dan-totsiens, brombrombrom.

“Jirre, Malletjie, jy kan darem kak praat as jy sulke smart Afrikaans gooi,” lag Rocky.

“Wel, die belangrikste is dat hy dit glo dat ons nie vir Volkshol gebel het nie. En nou gaan die poppe begin dans dat die vonke spat.”

“Die poppies met die slaaikoppies,” sê hy.

“Of die opblaaspoppe met die mieliekoppe, if you ask me. Wag, laat ek dadelik vir Beyers bel.”

Hy klink op en wakker toe hy antwoord. Ek wonder hoe kry hy dit reg so vroeg op ’n Maandagoggend. Ek het al gewonder of hy nie dalk steroids vat om te cope met sy job nie. Ek hou my foon op speaker function. Hy sê hy het vanoggend ’n oproep van die sanger Adam Nagtegaal gekry, die ou wil hom dringend spreek, hy sê hy het inligting oor Zander Stander.

“Adam Nagtegaal? Wat vir ’n naam is dit?” vra ek.

“Dis sy verhoognaam,” sê Beyers. “Sy regte naam is Andries Nel. Hy wil my twaalfuur by die Wimpy in Eastgate ontmoet.”

“Het hy gesê waaroor dit gaan?”

“Nee, hy is te bang om oor die foon te praat. Hy sê hy het plofbare inligting.”

“Kan ons saamgaan?” vra ek.

“Wie is ons?”

“Ek en my pêl, Rocky Johnson.”

Beyers huiwer. “Ek wil nie die ou afskrik nie. As hy sien daar is drie van ons, sal hy dalk agterdogtig raak, hy klink nogal paranoid. Ek moes hom totale anonimiteit waarborg en dat ek vir niemand sal sê hy het met my gepraat nie.”

“Maar as net ek saamgaan, kan jy vir hom sê ek is jou sidekick of so iets en dat ons saamwerk,” sê ek.

“Oukei, dit kan werk. Sien jou dan twaalfuur daar.”

“Jy gaan saam,” sê ek vir Rocky. “Jy kan net by ’n ander tafeltjie gaan sit en die ou uitcheck, ’n bietjie van ’n cat scan op hom doen en sy body language uitcheck en so aan.”

“Deal, Ally McBeal.” Rocky haal vir ons elkeen ’n Princeton Filter uit en steek dit aan.

“Check gou of De Beer toe ons deposito inbetaal het,” sê ek toe hy die sigaret vir my gee. Hy haal sy foon uit en check op sy Standard Bank-app wat aangaan.

“Nee, hy het nie, die asshole!”

“Fok tog! Wat gaan ons doen? Ons het geld nodig vir kos en bier en zol en smokes en petrol!”

“Ek gaan hom bel en uitkak,” sê Rocky. Hy gryp sy foon en druk De Beer se nommer. “The subscriber you have dialled is not available. Please try again later.”

“Hoe de fok kan hy sy foon wil staan en afsit op ’n dag soos vandag?”

“Hy is seker bang die reporters bel hom.”

“Fokken poedingkop!”

Dis al halfelf. Ons sal dadelik in die pad moet val. Met krismis voor die deur gaan Eastgate ’n fokken malhuis wees en sal jy seker ook jou moer los sukkel om parkeerplek te kry. Ek roep Oubaas en Hilda om in te kom en sluit die kombuisdeur.

“U IS INGESKAKEL OP RADIOSONDERGRENSE,” verbreek Pik sy stilte met ’n dramatiese stem.

“Môre, ou Pik, welkom terug in die land van die lewendes!” groet ek hom.

“Pik, jou ou bliksem!” sê Rocky.

“ONS SKAKEL NOU OOR NA RADIOTEATER.”

“Ons moet gly, Cassius Clay,” sê Rocky. “Ons kom nou-nou weer terug, Pik. Byt vas.”

“U IS INGESKAKEL OP WEKROEP VAN DIE HADIDA!” bulder hy toe ek die voordeur agter ons toesluit.

2.

Adam Nagtegaal is skraal en vaal en het ’n skerp neus, dun lippe, ’n druipsnorretjie en ’n moerse adamsappel. Ek scheme hy sal vroumense nou nie juis in koorsdrome laat uitslaan nie. Sy klere is boring en lyk of dit uit ’n Edgars op die platteland kom. Al sê hy hy is so ’n gewilde sanger, lyk dit of niemand hom herken en vir sy handtekening op ’n Wimpy-servet wil vra nie.

Ek en Beyers gaan sit by hom en doen die pleasantries. Rocky het op ’n ander plek gaan sit, van waar hy ons goed kan dophou. Nagtegaal kug, loer om hom rond, sluk dat sy adamsappel op en af hop en begin dan sag in ’n dringende fluisterstem praat.

Zander Stander is nie wat hy voorgee om te wees nie, sê hy. Hy wat Adam Nagtegaal is, het betroubaar by ’n onberispelike bron verneem Zander het drie maande gelede iemand ontmoet en dat dinge lelik begin skeefloop het. Soos in lelik.

Ek verluister my aan hoe Nagtegaal praat. Onberispelike bron. Betroubaar. Dit klink of hy al te veel keer in sy lewe SABC2-nuus geluister het.

“Wie het hy ontmoet?” vra Beyers.

Adam kyk weer rond. “’n Prostituut. En nou pers die prostituut hom af.”

“Oeps …” sê Beyers.

“Die prostituut het al duisende rande by Zander gekry, en toe sê Zander net hy weier om nog meer geld te gee en klere en skoene en sonbrille te koop en vir duur wegbreeknaweke te betaal,” praat Nagtegaal verder nog voor ons iets kan vra.

Dit klink my ons het hier te doen met ’n kanarie wat lus is om sy gat af te sing. “En toe?” vra ek.

“Nou dreig die prostituut om koerante toe te hardloop en alles te verklap oor hulle wilde nagte vol onbeskermde seks en drank en dwelms.”

Fok, nou klink die man skielik nes ’n Sondagkoerant wat kan praat. Hectic.

“Een spesifieke voorval gaan oor ’n orgie in ’n borrelbad in ’n huis in Waterkloof,” gaan hy voort. “Die koerante gaan dit opslurp.”

Die waitress plak die koffie en milkshake voor ons neer. Nagtegaal stroop die papiertjie om die strooitjie af en kan nie wag om sy strawberry milkshake te drink nie. Hy vat ’n paar groot slukke en sy adamsappel beweeg so vinnig op en af dat dit lyk of hy ’n yo-yo ingesluk het.

“En dit gebeur natuurlik gereeld dat prostitute hulle kliënte vermoor as hulle ophou om afpersgeld te betaal,” gaan Nagtegaal voort ná sy derde sluk. Hy lek oor die pienk milkshake-spatsels op sy dun druipsnorretjie. “Dan steel hulle álles wat hulle kan van die kliënt en gaan verkoop dit in pandjieswinkels om vir hulle dwelms te betaal. En julle kan dink wat ’n fortuin hierdie drama Zander al uit die sak gejaag het. As dit onbepaald so sou aangaan, sal hy van sy huise en karre moet begin verkoop.”

“Hoe seker is jy van jou saak dat Stander hom in so ’n situasie bevind?” vra Beyers. “By wie het jy dit gehoor? Hoe weet ons jou bron en die sekswerker praat die waarheid?”

“Ek is doodseker,” sê Adam. “Hoekom sal ek grappies wil maak oor so iets?”

“Ek wonder self,” sê Beyers. “Ek móét weet by wie jy dit gehoor het.”

Adam sug. Hy kug weer en loer vinnig om hom rond. “’n Skoonheidsterapeut,” sê hy.

“Wie?”

“Haar naam is Bronwyn Bester. Sy besit die Glamolicious Beauty Clinic in Germiston. Sy borg behandelings vir ’n paar sangers en sangeresse.”

Ek maak mental notes van al die name sodat ons dit later kan uitcheck op Google.

“Watse soort behandelings?” vra Beyers.

“Grooming,” sê Nagtegaal. “Sy kleur hare, doen velsorg, grimering, pedikuur, manikuur, wat hulle hierdie goed ook alles mag noem. In ruil daarvoor verwag sy dat die kunstenaars haar besigheid gratis sal adverteer op hulle webwerwe en Facebook en Twitter.”

Fok, nou klink die man weer of hy ’n Sarie ingesluk het.

“Is jy ook een van haar kliënte?” vra Beyers.

“Ja. In hierdie bedryf moet ons sorg dat ons altyd op ons beste lyk. Maar Zander besoek haar baie meer gereeld as ek, hy het ’n groter borgskap by haar. Hy het haar in sy vertroue geneem oor die dilemma waarin hy hom bevind. Dit was kort voor hy verdwyn het.”

Boney M se “Little Drummer Boy” klink op bo die gedruis van stemme en geklienk-klienk-klienk van koppies en lepels en pierings en borde en messe en vurke en glase. Ram-pampampam, ram-pampampam, ram-pampampam.

“En hoekom sou Bronwyn Bester dit hoegenaamd met jou bespreek?”

“Sy vertrou my en sy is baie lief vir my musiek. Sy sê my liedjies laat al haar hartseer soos mis voor die son verdwyn. En dit wat Zander haar vertel het, het haar so ontstel en vreesbevange gemaak dat sy dit met iemand na aan haar móés deel, anders sou sy van haar kop af geraak het.”

Fok. Dit klink honderd maal erger as enigiets wat ek al op Cheaters gesien het.

“Weet ons wie die sekswerker is?” vra Beyers.

“Sy naam is Christopher. Ek weet nie wat sy van is nie. Hy is negentien. ’n Dwelmverslaafde. Hy het geld nodig om sy skuld by sy handelaar te betaal, anders gaan hy hom laat vermoor. En Zander wil nie meer hoes nie.”

Slaan my met ’n pap snoek. Nagtegaal vat weer ’n sluk pienk milkshake. Die reuk van rooivleis hang swaar in die Wimpy.

“Waar het Zander en Christopher mekaar ontmoet?” vra Beyers.

“Zander het hom een aand op straat opgelaai, daar waar die rentboys altyd tussen Smit- en Wolmaransstraat staan naby die Formula One.”

“Weet jy waar ’n mens Christopher in die hande kan kry?”

“Nee, maar Zander het vir Bronwyn die naam van sy handelaar genoem. Orlando Omowura, ’n Nigeriër. Christopher koop sy dwelms by Omowura se agente by die Hillbrow Inn. Daar is ook gerugte dat Omowura nie net ’n dwelmhandelaar is nie, maar ook ’n koppelaar wat prostitute aan ryk mans verskaf.”

“Hmm,” sê Beyers peinsend. “Hoekom sou Stander sulke dinge aan daai Bester-vrou vertel? Hy sal mos tog nie so stupid wees nie?”

“Bronwyn het vir my gesê sy het deur die jare ’n moederfiguur vir Zander geword. Hy kon die spanning nie meer verduur nie en moes net met iemand daaroor praat. Sy is rasend van bekommernis oor hom. Sy weet nie wát om te doen nie. En toe sy vanoggend die berig in Volksmond sien, het sy my gebel en wou by my weet of sy polisie toe moet gaan. Toe sê ek vir haar nee, ek sal die man bel wat die berig geskryf het. Dan is die kanse beter dat ’n mens vir Zander lewend sal opspoor. As jy vir die polisie moet wag, sal hy waarskynlik dood opgespoor word. Ons het met gevaarlike mense te doen hier.”

Nagtegaal drink sy milkshake klaar. Hoppitiehop-adamsappel. Die glas is al leeg, dan sjjlurp-sjjlurp hy nog en krap die bodem met die strooitjie en lek die punt daarvan af. Daarna vee hy sy snorretjie met ’n Wimpy-servet af, spring onverwags op en sê hy moet loop, hy is haastig. Hy pluk ’n R20 uit vir sy milkshake en plak dit voor Beyers neer. Hy sê totsiens, loer rond en loop vinnig by die Wimpy uit.

“Wat ’n weird vent,” sê ek vir Beyers. “Hy is seker ’n diaken in die kerk. Hy lyk na daai vroom tipe.”

“Dit kan jy weer sê,” antwoord hy.

Rocky kom dadelik by ons sit en ek vertel hom alles.

“Fuck me, Bobby McGee!” is al wat hy kan sê toe ek klaar is.

Beyers se foon lui. Ja-ja, ja-ja, goed, reg so, ja-ja, ek maak so, sê hy. Hy vat ’n laaste sluk koffie en staan op.

“Ek moet waai, julle. Dit was die nuusredakteur. Ek moet Honeydew toe, daar is mense op die plotte vermoor, ’n ma en haar twee kinders, hy soek die storie vir môre se koerant.”

“Gaan jy dan nie ’n follow-up doen oor Zander nie?”

“Ons is skeleton staff, jy weet tog self hoe dit daar by Volksmond gaan. Die plek val uitmekaar. Te min mense en te veel werk. Dis hoekom ons al hoe meer uitmis op groot stories en nie kan kers vashou by Beeld nie. Ek wed jou hulle werk vandag hard om seker te maak dat hulle ’n lekker storie het vir môre se uitgawe. Dis g’n wonder Volksmond verkoop so kak nie.”

“Maar Volksmond sal tog nie niks môre oor Stander in hê nie?” sê ek.

“Die vermaakredaksie sal die storie seker dophou. ’n Mens sal buitendien eers alles moet double-check wat Nagtegaal én die Bester-vrou én die sekswerker gesê het voor jy dit kan publiseer, anders kan jy in jou moer in gesue word.”

Ons betaal, groet en val in die pad.

“Jirre, Rocky, dis nou wragtag net te veel information,” sê ek terwyl ons na sy kar toe stap. “Ek weet nie meer wat om te dink nie. Ek is nie lus vir hierdie kak nie. Kom ons bel vir De Beer en sê vir hom ons los die hele ding. Dit klink net te messy en dangerous. ’n Ou fok nie rond met Nigerian drug dealers nie.”

“Ons kan nie, Malletjie,” sê Rocky. “Ons het die bucks dringend nodig. Dis R25000 ’n dag! Komaan, man, sien dit as ’n adventure!”

“En as iemand ons in die kop skiet of met ’n mes in die hart steek? Of as iemand ons vang en stadig doodmartel?”

“Jy’t al te veel TV gekyk, bru. Chill. Moenie spoke opjaag nie. Ons speel mos safe. Ons moet net op ons tone dink en weet wie om te bullshit om watter info te kry. Dit kan easy bucks wees.”

Never fear when DJ Funk Soul Brother is near.

“Oukei,” sê ek. “Ek scheme die eerste ding om te doen is om daai Bronwyn Bester te google en haar te bel en ’n background check op Nagtegaal te doen.”

“There you go, Pappa Joe.”

Dis net na halfvier wanneer ons in die pad val. Die verkeer is hectic. Dit gaan ons fokken lank vat om aan die ander kant van die stad te kom. Ek haal my foon uit om Bronwyn Bester te google. My airtime begin nou baie vinnig baie min raak, fok tog. De Beer beter nou daai R25000 inbetaal. Ek kry Glamolicious se nommer en bel. Gelukkig is sy daar. Ek konfronteer haar met die inligting oor Stander en sê ook by wie ons dit gehoor het. Sy bevestig alles.

’n Taxi flash sy ligte agter ons om te wys ons moet vinniger ry, dan druk hy verby en stoot ons byna van die pad af.

“Fok jou!” skree Rocky by sy ruit uit en wys die fokteken.

Ek loer vinnig na ’n paar foto’s op Glamolicious se Facebook-blad. Bronwyn Bester is baie duidelik ’n starsucker as ’n mens na al die shots kyk. Dis die een foto na die ander saam met celebrities wat by shows en launches en afterpaarties en kunstefeeste en sulke soort goed geneem is.

Dan check ek Nagtegaal en Stander se basiese info op hulle Facebook pages uit. Nagtegaal het 40 000 followers en Stander 180 000. Van albei word net pragtige prentjies geskilder. Dit is obvious dat hulle hul Facebook-blaaie net as ’n massage parlour vir hulle ego’s gebruik en om af te show met hulle lekker lewens. Dit lyk nie of Nagtegaal ’n A-list celebrity is nie, want daar is baie minder goed oor hom as wat daar oor Stander is.

’n Berig in nuus24.com se argief vang my oog. Ek maak die lienk oop.

“Hoor net hier, Rocky. Adam Nagtegaal is eenkeer gemoer toe hy in die Riders Pub & Grill in Bloemfontein opgetree het. Hy het ’n Blou Bul-liedjie gesing en toe donder ’n Cheetah-supporter hom.”

“Hahaha, serves him right. Hoe stupid moet ’n ou wees om so iets te doen.”

“Ja, jy fok nie met die filistyne nie, want dan soek jy vir kak.”

Ek flip terug na die Google results en scroll weer af. Daar is ’n lienk na ’n artikel in Vrouekeur wat gepubliseer is ses maande ná die voorval in Bloemfontein. Ek maak dit oop.

“Hmmm, dit lyk my Nagtegaal het damage control gedoen ná die drama in die Riders Pub & Grill. Hy het aan Vrouekeur gesê hy het ’n nuwe blaadjie omgeslaan en tree nie meer in kroeë op nie. Dit lyk of hy toe sy image verander het en baie clean-cut geword het. Hier staan hy het begin om elke maand ’n rubriek vir die Christelike tydskrif Jubel! te skryf oor die vreugdes van die gesinslewe. Hy het ook gospel begin sing en ’n oudisie gedoen vir die rol van Jesus in ’n Afrikaanse musical in die Staatsteater, maar is toe in ’n kleiner rol gecast.”

“Red my siel, Anneline Kriel,” sê Rocky. “Ek wonder of dit Judas was.”

“Of dalk een van die wyse manne wat die ster gesien het en besluit het om dit te volg.”

“Jirre, dit klink alles stranger than fiction.”

“Die ergste van alles is dat dit nie fiction is nie, bru. Dit is reality. Harde, koue reality.”

Ek maak Google toe op my foon en krap tussen die CD’s in Rocky se cubbyhole. Ek haal Beastie Boys se Hello Nasty uit en druk dit in die CD player. Dit sal help om die pad korter te laat voel. Die traffic is fokken stadig. Dit voel of al die mense in al die karre en taxi’s en lorries skape in ’n dip is. Of lammers wat na die slagpale gelei word, for all we know. Ek kies die Prisoners of Technology-remix van “Electrify” en draai die volume vol oop. Dis tyd om in ’n ander dimension ingeskop te word, die Here weet.

3.

Ons is lekker fired-up van al die bonsende Beastie Boys-beats toe ons uiteindelik by my plek in Brixton aankom. Ons het langs die pad besluit om eers hierheen te kom sodat Rocky my laptop kan uitcheck. Met al die kak en drama het ek vergeet om dit gister saam met my te vat. Ons sal vinniger te werk kan gaan as ons twee laptops het. En ons het nie tyd om te speel nie.

Ek plug dit in en sit dit aan. Selle ou fokken storie. Fok! Ek maak vir ons koffie terwyl Rocky kyk of hy kan agterkom wat fout is met die ding.

Na ’n halfuur gooi hy tou op. “Jou computer is seriously en totally fucked, bru,” sê hy. “Dis seker ’n virus wat alles opvreet. Al wat jy kan doen, is om terug te gaan na die factory default settings.”

“Beteken dit ek sal dan alles verloor wat daarop was?” vra ek.

“Ja, I’m afraid.”

“Hoe de fok kon dit gebeur?”

“Ek sal nie kan sê nie, want daar is geen manier waarop ’n mens kan check nie. Is jou laptop nog onder guarantee?”

“Nee.”

Wat ’n gatslag. Dit voel of ek die fokken aapstuipe kan kry. Ek dink aan al die foto’s wat ek op my laptop gesave het. Honderde van die goed, indien nie duisende nie. Foto’s wat ek nog by Volkshol geneem het, foto’s wat ek by paarties geneem het. Foto’s van vriende, van wie twee al selfmoord gepleeg het. Foto’s van my pa en ma wat ook al dood is. Foto’s van mense op straat, gesigte in die son en in die shadows, mense wat lag, mense wat huil, gesigte wat stories vertel, vervalle geboue, Fietas se murasies. Alles to hell and gone. Al die musiek en video’s wat ek gesave het en al die e-mails en contacts in my adresboek en my CV is in hulle moer in. Gone with the fucking wind. Ek was stupid genoeg om nie back-ups te maak nie. Dom doos.

Rocky sien hoe kak ek voel en sê hy sal vir ons ’n joint rol, dit sal my in ’n japtrap opjack. Dit voel of iets in my doodgegaan het. Nevermind my laptop – ek sal my linkerbal gee om sélf tot my factory default settings restore te word. Hoe de fok kry ’n ou dit reg? Hoe kan ek reboot of recharge word? Wie sal mý system update? Waar de fok kan ek ’n junk folder vir my brein en ’n spam folder vir my hart kry?

Nadat ons klaar gerook het, sit ons nog ’n rukkie om tot verhaal te kom. Nadat die zol ingeskop het, sê Rocky ons kan dit nie bekostig om op ons gatte rond te sit nie, we must move on. Ons moet solank doen wat ons kan. Ons moet die Hillbrow Inn gaan soek, sê hy. En ons moet met die rentboys naby die stasie gaan praat en uitvind of hulle dalk iets weet. Ons sal regkom met net een laptop en ons fone. Hy het ook nog ’n bietjie cash oor, hy sal vir ons nog airtime koop. Maar ons moet ons gatte roer, want op pad Hillbrow toe moet ons gou by sy flat in Braamfontein stop sodat hy vinnig ’n paar gesigfoto’s van Stander kan uitprint. Ek gaan krap in my kas en laaie en vat die klere wat die meeste fucked-up lyk, want in Hillbrow moet jy soos ’n crackhead lyk as jy wil hê die mense moet jou uitlos. Ek trek geskeurde vuil jeans, ’n gekreukelde T-shirt en uitgetrapte tekkies aan en sit ’n pet waarop Batman staan op.

Ons vat die pad in Rocky se kar. Die rookmis lê dik en laag oor die stad. Baie van die karre en taxi’s wat by ons verbyry se ligte is op bright gestel wat dit laat voel of dit deur jou oë sny, die dom fokken etters. Die Hillbrow-toring troon in die lug in en gloei soos E.T. se middelvinger wat die fokjou-teken vir ons wys.

Pretoriastraat is besig. Mense, mense, mense. Café Zurich van die ou dae se signs is nog op die gebou (Pool Tables Open 24 Hours), met die nuwe naam daaronder geverf: Jesus is Lord Messiah Revival Worship Centre. Links van ons is moerse groot blokletters teen ’n gebou waarvan die mure al lelik afgeskilfer het: HYPERMEAT HILLBROW. Die reuk van KFC en Nando’s en Chicken Licken hang swaar in die lug. Bo die Hillbrow Bazaar is die Faith Gospel Church en die Abangcwele Apostolic Church. Verder boontoe is die sypaadjies vol stalletjies waar enigiets verkoop word – donkerbrille en pette uit China, hair extentions, sweets, groente, vrugte, sigarette, what have you. Regs af by Captain DoRego’s is die Universal Church of the Kingdom of God. Die Ambassador Hotel staan nog, ek het gehoor die plek is nou ’n groter hoerhuis en ’n crack-den as ooit tevore. Waar die kabaret-restaurant Club 58 en die sleazy seksklub Gotham City eers was, is Lulu’s Hair Salon, Learnmore Daycare en ’n Dental Surgeon nou. R&B en hip-hop blêr uit taxi’s, winkels en woonstelle.

Die Hillbrow Inn is skuins oorkant die berugte Park Lane Hotel waar die apartheidspolisie se sluipmoordenaars en dirty tricks agents vergader het om hul bose plannetjies oor borde pienk steak en met ’n brandewyn in die hand te smee. Langs die Hillbrow Inn se ingang is geverf Peep Shows. Slot Machines. Go-Go Girls. Hot sexy strip shows everyday from 3.30 pm. Every hour. Regs bo die deur is ’n prentjie van ’n hoender op ’n sign van The Chicken Company. Regs van die Hillbrow Inn is die The Lord is My Shepherd Cellphone & Communication Centre.

Die Hillbrow Inn ruik na sweet, bier en sigarette. Dis ’n jolly plek, hoe dan ook anders met al die girls in kort rokkies en hoë hakkies wat op hoë kroegstoele sit, ’n bonanza van drillende boude, donderdye en uitpeultiete. Harde musiek pomp oor die speakers. Die bass is so diep en die beats so heavy dat dit jou ballas laat bewe. ’n Rapper bulder: “I DON’T TALK ABOUT MY GUNS, NIGGA, I JUST BLAZE!”

’n Man wat so gesuip soos ’n pispadda is en al goed jags is van die stripshows en nie genoeg geld het om ’n hoer in ’n cubicle te gaan naai nie wil kakpraatjies met ons maak. “Hey, brothers!” Hy glimlag van oor tot oor en skud ons hande asof ons mekaar al jare lank ken. “Do you know the name of the game?”

Waddefok praat die man van. Watse game? Wil hy hê ons moet Russian roulette of iets saam met hom speel? Of het dit iets met die hoere te doen? Sex games? Of sokker? Rugby?

“No, dude,” sê Rocky. “What game?”

“You don’t know the name of the game? Awww, that’s too bad.” Hy klik sy tong asof hy ons jammer kry omdat ons sulke dom dose is.

“NOW WHERE’S THE SHIT?” dreun die rapper voort. “THE SHIT! THE SHIT! NIGGA WHATSUP MAN? COME ON KILL THAT NOISE MAN, LET’S JUST GET THE SHIT!”

“I am Rocky and this is Malletjie,” stel Rocky ons voor.

“I’m Goitsomodimo Marumo. Are you here for the peep show or the strip show?”

“No, we are looking for somebody,” sê Rocky.

“Who?”

“Orlando Omowura.”

“Who is he?”

“The man who sells the sugar here.”

“Oôôôô …” sê Goitsomodimo. “I don’t know, I’ll have to ask the boss of the place. He will know.”

“Who’s the boss?”

“Julius Kunene.”

“Is he here?” vra Rocky.

“I didn’t see him today. He usually comes at midnight to collect money. Maybe he is at The Sentinel or The Summit or Club Flamingo now, I don’t know, brother.”

’n Vrou met ’n hemp wat laag oopgeknoop is sodat jy net tiete sien, kom staan voor my en skuur haar poes teen my bobeen. “Come with me, I like you, I wanna fuck and suck,” sê sy. Haar asem stink na bier. Sy druk haar vinger in haar mond, tuit haar lippe en beweeg dit in en uit asof sy ’n blowjob gee. Haar vinger blink van die spoeg toe sy dit uithaal. “I like you, you are sexy, I like white cock.” Sy probeer haar nat vinger in my mond druk, maar ek klap haar hand weg. Sy vat aan my piel en gee dit ’n paar stywe drukke. “Ooohh and I can feel you are really big! Come!”

“No!” sê ek.

Dan probeer sy haar luck op dieselfde manier by Rocky.

“Fuck off!” sis hy.

“Don’t you want to buy a brother a beer, brother?” vra Goitsomodimo.

“We can’t stay,” sê Rocky en prop hom ’n R20-noot in die hand vir ’n bier.

“Ahhh thanks, brother, God bless you!” sê Goitsomodimo all smaails, sy oë blink sommer.

“NIGGA BACK UP BEFORE YOU GET YOUR PUNK-ASS SMOKED!” spoeg die rapper die woorde uit soos ’n slang.

“What is the game you asked us about?” vra ek vir Goitsomodimo.

“Ahhhh, the game!” Hy lag. “I just want to know what the name of the game is. You know they say everyday we are all only playing a game. I want to know what that game is, but nobody can answer me.”

“Fok my, Dorian Gray,” sê Rocky. Hy skryf ons selnommers op ’n stukkie papier neer, gee dit vir Goitsomodimo en sê hy moet ons dadelik bel as hy vir Omowura of Kunene sien.

Ons kan nie vinnig genoeg uit die Hillbrow Inn kom nie. Dis te bedompig en die swetterjoel sweterige slette is one too much, die Here weet.

“Ek hoop nie ons is op ’n wild goose chase nie,” sê ek vir Rocky toe ons buite kom.

“Solank die gans net goue eiers lê,” sê hy toe hy die kar oopsluit.

“Maar jy moet onthou die gans wat die goue eiers moet lê se hol raak ook seer, nè.”

Ons ry af in Van der Merwestraat. Mense drom saam by Oasis Liquor, wat langs Bad Boyz Security is.

“Daar’s The Sentinel. Sal ons ingaan?” vra ek.

“Nee. Ek scheme ons moet eers met die rentboys gaan praat. Ons wag maar totdat ons Omowura of Kunene in die Hillbrow Inn vastrap.”

“Omowura, Omowura. Dis makliker om “Oom Woerwoer” te sê. Daar’s ’n man met die naam Oom Woerwoer, hy is baie lief vir die hoerhoer en die rumoermoer. En gaan ons sy moer koer-koer?” Dan skiet iets my te binne. “Fok tog, Rocky, ons het vergeet om Stander se foto vir die mense in die Hillbrow Inn te wys om te hoor of hulle hom gesien het.”

“Dink mooi, Malletjie,” sê Rocky. “Stander sal nie in ’n plek soos die Hillbrow Inn uithang nie, hy is nie stupid nie, met sy groot public profile sal hy weet dat dit ’n te groot risk sal wees. As Oom Woerwoer vir hom rentboys en drugs pimp, sal hy hulle by sy huis gaan aflaai of op ’n plek waar niemand hulle kan sien nie.”

“Jy’s reg,” sê ek. “Ek is nie ’n PI se gat nie.”

“Chill, Buffalo Bill,” sê hy. “Moenie ’n issue daarvan maak nie. Fok issues.”

Ons ry af met Claimstraat en draai regs in Wolmarans. Die Believers Success Ministry (AKA Freedom Centre) is nou in die ou gebou van die Hebrew High School. Die program vir die week is op ’n groot wit bord geverf: ’n Holy Ghost Miracle Service op Maandae, ’n Deliverance Service op Dinsdae, ’n Business Prayer Meeting op Donderdae en Choir/Women’s Clinic op Saterdae. Prince Nwosu Import & Export Nigerian Wear and Hair Piece is ook nou deel van die ou skoolgebou, en ook die Galaxy Food Bar en All African Funeral Homes.

“Ek dink nie ons moet Oom Woerwoer kaalvuis aanpak nie, Rocky. Ons sal wapens moet kry. Waar het jy nou al gehoor van PI’s wat nie guns het nie? Ons gaan met gevaarlike mense te doen hê. Ons kielie die leeu se balle.”

Rocky dink na. “Jy is reg. Ek sal een van die bouncers by The House of Love vra of hy vir ons guns kan leen. Dit behoort nie ’n probleem te wees nie. Ek is seker hy sal ons kan help.”

Ons draai regs in Lovedaystraat waar die rentboys snags vir customers staan en wag. Ons is lucky. Op die hoek van Loveday en Smit staan drie van hulle. Nie een van hulle lyk ouer as agttien nie. Ons hou stil en klim uit. Hulle kyk ons agterdogtig aan. Gewoonlik klim die horny ooms nie uit nie en laat net hul karre se vensters sak om ’n deal te strike.

“Ons is nie customers nie en ons is nie undercover cops nie, julle kan relax,” sê Rocky en gee vir elkeen ’n Princeton Filter. “My naam is Rocky en dit is Malletjie. Ons soek na ’n missing person.”

Hulle lag.

“Malletjie, hahaha. Dis ’n cool naam,” sê een.

“Wat is julle name?” vra Rocky terwyl hy die sigarette vir hulle aansteek.

“Ek is Jannie,” sê die een. Hy het vuilblonde hare en dra ’n jean wat laag oor sy boude hang. Op sy T-shirt is ’n foto van The Terminatrix.

“Ek is Dylan,” sê die enigste een wat ’n hoodie dra, waaronder donker, dooie oë na ons loer. Hy dra ’n vest wat te groot is en het ringe in al twee sy ore. Op sy regterarm is ’n tattoo van ’n slang wat om ’n swaard krul.

“Ek is James,” sê die ander een. Hy is bleek en maer en dra ’n neusring.

“Hoe oud is julle?” vra Rocky.

Jannie sê hy is sestien. Dylan is agttien en James negentien.

“Hoeveel van julle rentboys is hier gewoonlik?”

“Party aande min, maar oor die weekend is daar meer,” sê Jannie.

Rocky haal Stander se foto uit.

“Ken julle dié man?” vra hy.

“Ja!” sê al drie gelyk.

“Van waar ken julle hom?”

“Wat is sy naam nou weer?” vra Dylan.

“Zander Stander.”

Polisiekarre jaag met skreeuende sirenes in Smitstraat af. Soos altyd is die hel weer los iewers, that’s for sure.

“Hy’s mos baie famous,” sê James. “Wat doen hy nou weer? Is hy ’n krieketspeler?”

“Nee, hy’s ’n sanger,” sê ek. “Het julle hom al hier rond gesien? Is hy een van julle customers?”

“Nee, ek het hom nog net op TV gesien,” sê Dylan.

“En in Huisgenoot,” sê Jannie.

“Maar hy kon van die ouens op die ander blokke opgetel het, dis moeilik om te sê,” sê James.

“En is hier ’n ou met die naam Christopher?” vra ek.

“Christopher?” Hulle dink ’n rukkie, asof hulle ’n gesig tussen die cracknewels in hulle koppe probeer raaksien. Ja, sê Dylan dan, maar hy het hom lanklaas gesien. Dit kan wees dat hy nou sy luck in ’n ander deel van die stad push of ’n ryk sugar-daddy gekry het.

“Is daar famous mense onder julle customers?” vra Rocky.

“’n Ou wat ’n Springbok is, het my al ’n paar keer kom optel en na die Formula One gevat,” sê Dylan.

“Hoe weet jy hy is ’n Springbok?”

“Ek het al pictures van hom en sy vrou en kinders in You gesien.”

“Blackmail julle ooit julle customers?” vra ek.

“Ek weet een van die ander ouens wat op die blok was, Rowan, het dit probeer doen,” vertel Jannie. “So ’n ouerige man het hom moerse gefancy en baie keer kom optel. En toe sien Rowan eendag in die koerant die ou is hoog op in die army. Toe dink hy hy kan hom blackmail en toe die ou hom weer ’n blowjob gee, het hy skelm ’n video daarvan met sy selfoon gemaak en gedreig om dit op die internet te post.”

“En toe?” vra Rocky.

“Ek weet nie. Rowan het kort daarna verdwyn en ons het hom nooit weer gesien of iets van hom gehoor nie.”

Dis tyd om te move. Netnou kom die polisie hier verbygery en dink ons probeer die outjies optel. “Kan ons hierdie foto’s by julle los?” vra ek. “Ek skryf my en Rocky se nommers agterop. “Sal julle van die ander boys op die blok vra of hulle al saam met hom was? Dan bel julle ons.”

Hulle wil eers weet of ons hulle sal betaal. Rocky sê ja. Die saak is reg, sê hulle. Ons sê koebaai en fokof.

’n Brandweerwa jaag soos ’n mal ding verby net toe ons by Wolmaransstraat wil indraai. Die rooi ligte flash wild en die reflections daarvan in die vensters van die geboue langs die pad lyk amper soos bloed wat die wêreld vol spat.

4.

Ons kom net na halfelf by Rocky se flat aan. Hy maak vir ons scrambled egg op toast. Ek krap deur sy CD’s op soek na iets om te speel. Ek sit The Sex Pistols se Never Mind the Bollocks op en gaan gesels met hom in die kombuis.

“Toe ek op skool was, het ’n onderwyser my eenkeer heavy uitgekak omdat ek gepraat het van scrambled egg op toast,” sê ek. “Hy het gesê dit moet roereier op roosterbrood wees.”

“Dit klink baie mooier as die Engels,” sê Rocky. “Jy kan sommer hoor hoe roer die eier op die toast.”

“GET YOUR ROCKS OFF! GET YOUR ROCKS OFF!”

Dis Ben de Beer. Ek sit die foon se speaker function aan.

Die kak spat, vertel hy uitasem. Die mense in die bedryf bel hom mál oor Stander. ’n Fotograaf van die glossy musiektydskrif Ritme wat laas week ’n photo-shoot met Zander gedoen het vir ’n artikel oor sangers en hulle karre sê hy kon sien hy was nie homself nie. Hy was moeg en geïrriteerd en was so kortaf met die girl wat sy make-up gedoen het dat sy in trane uitgebars het. Mense wat Stander gebook het vir shows bel om te hoor of hulle dit moet kanselleer. ’n TV producer het gebel om te hoor of Zander Saterdag sal opdaag vir ’n opname van Toks en tjops waarin hy ’n liedjie oor Frik du Preez moet sing. Die mense maak hom mal, sê De Beer, mal, mal, mal.

“En het niemand jou gebel en gesê hulle het hom iewers gesien nie?”

“Nee, niemand nie.”

“Ons het vanoggend inligting gekry dat Zander deur ’n hoer afgepers word,” sê ek.

“Wát?” sê De Beer. “By wie?”

“’n Anonieme bron,” lieg ek. “Maar hy klink redelik seker van sy saak.”

“Dis totale snert! Absolute verdomde nonsens! Daar is baie girls wat graag mevrou Zander Stander wil word. Hy kan maar net sy vingers klap, hy hoef nie hoere te gebruik nie.”

“Dis nie vrouehoere nie, Ben, dis seuns,” sê ek.

“WAT?” Dit klink of hy ’n koronêr wil slaat. “Ek kan nie glo julle neem sulke kak ernstig op nie! Dis net weer iemand wat Zander se naam deur die modder wil sleep! Dit is absoluut verregaande! Hy is so straight soos … soos … soos môre die heeldag! Julle moet uitvind wie hierdie verdomde anonieme bron is, ek wil sy nommer en adres hê, môreoggend eerste ding, ek sal hierdie ou sakie sommer self afhandel. En wat het julle alles vandag gedoen behalwe om ons almal se tyd te mors en na kakstories te luister?” De Beer haal so hard asem van ontsteltenis dat hy soos ’n bosvark in ’n hittegolf klink.

“Nie veel nie, want ons hande is afgekap omdat ons nog nie die deposito gekry het nie. Hoekom het jy dit nog nie inbetaal nie?”

“Ek is baie besig.” Hy is nou skielik kortaf. “Kan julle nie dink hoe besig ek is nie? Ek is al heeldag op die foon. Ek sal dit doen wanneer ek tyd kry. Wees net verdomp geduldig.”

“Jy moet wikkel. As ons eers die geld het, sal ons vinniger kan move.”

“Daar lui my ander foon nou. Ek moet gaan. Koebaai.”

“De Beer dink darem ook hy is die kat se snor, hoor,” sê Rocky.

“Eerder die seekat se druipsnor, if you ask me.”

Die roereier en roosterbrood gaan goed af. ’n Man kan darem ook nie op ’n leë maag dink nie, die Here weet.

Dan bel Beyers Eybers. Die mense bel Volksmond gedaan, sê hy. Dis meestal vroumense. Van hulle is histeries en wil hoor of Stander al opgespoor is. Een of twee beweer hulle was groupies van hom en dat hulle buite-egtelike kinders by hom het en dat hy niks van hulle wil weet nie en nie die kinders se bestaan erken en onderhoud wil betaal nie. Hulle sê as Volksmond hulle betaal, sal hulle alles vertel. ’n Klomp mense het ook gebel en gesê hulle het Stander in die Spur by Margate, ’n drankwinkel in Hertzogville, ’n hospitaal in Koppies, ’n masseersalon in Kroonstad en saam met ’n veel ouer vrou in die Mala Mala-wildreservaat gesien. Iemand het ook gebel om te sê hy het Stander dronk soos ’n tor in die seksklub Cat Walk in Bloemfontein gesien waar hy link en regs geld aan die strippers en skoot- en paaldanseresse uitgedeel het.

“Fuck me sideways, Modesty Blaise,” sê Rocky.

Ja, mense kan hulle baie dinge verbeel as hulle op hol raak, sê Beyers. Daar was wel ’n oproep wat vir hom geklink het of daar iets in kan steek. ’n Mens kry net so ’n gut feeling, jy kan agterkom wanneer mense jou bullshit en wanneer ’n situasie for real is. Die ou wat gebel het, is een van sy betroubaarste bronne in die politieke wêreld. Hy het by die eienaar van ’n Bosveldkroeg daar noord van Brits se wêreld gehoor Stander is saam met die leier van die Brandwag Orde gesien.

“Die Brandwag Orde?” vra ek. “Wat is dit? Iets soos die AWB of die Ossewa-Brandwag?”

“Niemand weet presies nie. Hulle is baie ondergronds. Anyway, ek gaan môre vroeg uitry na daai bush pub toe om ’n bietjie rond te snuffel. Wil julle saamgaan?”

“For sure,” sê ek. “Hoe laat wil jy ry?”

“Nege-uur.”

“Waar kry ons jou?”

“Ek sal voor MegaMedia vir julle wag.”

“Great stuff. Check jou dan. Bye.”

“Dis nou vir jou ’n ding,” sê ek vir Rocky. “Dit lyk of al hoe meer rotte uit die rioolpype gekruip kom.”

“Ek wonder net hoe pas die rentboys dan in die picture,” sê Rocky.

“En as dit waar is dat Stander by die Brandwag Orde is, wonder ek of hulle hom ontvoer het. Dalk wil hulle hom as ’n gyselaar aanhou. Of dalk wil hulle hom brainwash om een van hulle leiers te word. Met sy openbare profiel sal so iets die Brandwag Orde help om duisende van sy fans as lede te werf. En dan kan hulle lekker baie geld maak.”

“Ja fok, enigiets is seker possible.”

Bliep-bliep-bliep. Voicemail. Dora de Wet. “Lambert! Hoekom is jou foon heeltyd beset? Ek het gister my nommer vir mevrou Erwee se buurvrou gegee en haar gevra om ’n ogie te hou, en dié het my nou wakker gebel. En kyk net watter tyd van die nag is dit al! Sy sê sy het glas hoor breek en honde hoor blaf. Sy dink daar is dalk by jou ouma se huis ingebreek. Sy is tien teen een vermoor vir al wat ons weet. Jy moet dádelik soontoe gaan! Die vrou het die polisie gebel, maar hulle het nie opgedaag nie.”

Net toe ek die voicemail delete het, lui Rocky se foon. Wat ’n gekkespul! Wat gaan nou skielik aan dat die hele wêreld op een slag so laat in die nag op ons case is?

Dis Jannie. Hy het rondgevra onder die ander rentboys en Stander se foto vir hulle gewys en daar is een ou, Steven, wat sê hy ken Christopher baie goed en weet waar hy is. En as ons met Steven wil praat, moet ons hom oor ’n halfuur oorkant die Caltex-garage op die hoek van Jorissen- en Stationstraat kry. En hy wat Jannie is, sal ook daar wees om sy betaling vir die tip-off te kry.

Bliep-bliep-bliep. ’n Nuwe voicemail. Ek fokken glo dit nie. Dis Alice Ellis. “Malletjie! Hoekom is jy so stil? Waar is jy? Hoekom antwoord jy nie jou foon as ek bel nie? Hoor hier, wil jy nie Woensdagaand saam met my na die Cosmo Lingerie Fashion Show toe gaan nie? Ag toe, man! Dit gaan baie lekker wees. Jy sal mos van so iets hou. Almal wat iemand is, gaan daar wees en die afterpaartie gaan out of this world wees. Ons het so hard gewerk daaraan, die press release lê hier voor my, ek lees vir jou ’n stukkie dat jy kan hoor hoe fantabulous dit gaan wees: The show itself is a multimedia spectacular with post-modern imagery portrayed through wonderful wings, striking shoulder pieces, mysterious masks, and out-of-this-world accessories, that combined, set this show apart from other local fashion shows. Oukei, bel my, hoor! Mwah!”

“Ons moet move, ou,” sê Rocky. “Ons moet met daai Steven-ou gaan praat.”

Gelukkig is dit nie te ver van Rocky se flat af nie. Ons ry af in Jorissenstraat en draai regs in Stationstraat waar Caltex se rooi en wit ligte flikker. Voor die gebou oorkant die garage is ’n bord wat sê Life Improvement Centre for the Church of Scientology. ’n Entjie verder af, by die voordeur van Sequence Global Communications, tussen Geraldine Trading en Terros Hair Salon, staan Jannie en ’n ou wat Steven moet wees. Hy dra ’n wit vest, swart skinny jeans en pers-en-wit sneakers. Drie buttons waarop staan Powerhouse Pussy, Wolf Munch en Whack Job is op sy pet vasgespeld. Op sy linkerarm is ’n tattoo van ’n vlermuis met uitgestrekte vlerke. Steven is gespierd en het intense swart oë. Hy lyk aggressief. Rough trade, no doubt.

“Dis Malletjie en Rocky,” stel Jannie ons aan hom voor.

Steven kyk ons ondersoekend aan.

“Ken jy ’n rentboy met die naam Christopher?” vra Rocky hom.

“Ja.”

“Waar kan ons hom kry?” vra ek.

“Hoekom soek julle hom?”

“Hy kan ons dalk help om ’n missing person op te spoor.”

“Wie?” vra Steven bars.

Rocky wys Stander se foto vir hom. “Het jy al vir Christopher saam met hierdie ou gesien?”

“Ek weet nie. Kan wees, who knows. Ek sal net vir julle sê waar hy is en wat ek weet as julle my betaal.”

“Hoeveel wil jy hê?” vra ek.

“R2000.”

“Is jy fokken mal in jou kop? Lyk ons vir jou soos miljoenêrs?” vra Rocky.

“Moenie met my kom kak tune nie, jou kont,” sis Steven.

“En waar is my geld?” vra Jannie. “Julle het gesê julle sal my betaal as ek vir julle inligting gee.”

“Luister, ouens,” probeer ek hulle kalmeer. “Wie loop in die middel van die nag met so baie cash op hulle rond?”

“Julle kan by die ATM gaan geld trek!” sê Steven.

“Ons het nie ons kaarte hier nie. Ek belowe ons sal julle môreaand kom betaal. Waar is Christopher?”

“Dink julle ek is fokken stupid? Ek sal julle eers sê as ek die cash in my hand het, anders kan julle maar vergeet.”

“Kry ons môreaand agtuur hier op dieselfde plek,” sê Jannie. “En sorg dat julle geld het. Dan kan ons business praat. Bye.” Steven gee ons ’n laaste vuil kyk voor hulle met Stationstraat af verdwyn.

“Jirre, Rocky, De Beer moet nou daai fokken deposito inbetaal dat ons kan begin operate,” sê ek vir hom toe ons wegtrek. “En ons moet so gou as moontlik gewere kry. Ons kan nie kanse vat nie. Dit voel vir my of ons twee goudvissies tussen ’n klomp piranhas is.”

Rocky sit ’n CD van Fine Young Cannibals op. Die klanke van “Suspicious Minds” vul die kar.

“Ons moet gou my ouma gaan uitcheck,” sê ek. “Vir al wat ons weet, lê sy daar keelaf gesny of iets.”

“Fuck knows, it never rains but it pours.”

“Dit reën katte en honde,” sê ek. “Rooimeerkatte en helhonde. En as jy nie oppas nie, blaf jy saam met die honde en huil saam met die wolwe.”

“And while the dogs are growling at each other the wolf devours the sheep …”

5.

Vyftien minute voor middernag hou ons voor my ouma se huis stil. Dis donker. Die straatligte werk al weer nie. Iemand het dit seker weer met klippe stukkend gegooi en die munisipaliteit is oudergewoonte te deur die kak om dit te fix. Gelukkig lê daar ’n flits onder Rocky se seat. Ek vat dit en klim uit.

Ek skyn van buite af oor die huis met die flits. Ons sien nie gebreekte vensters of ander tekens van forced entry nie. Dalk het die etters van die agterplaas se kant af ingebreek.

Ek maak ’n helse lawaai toe ek die hek oopsluit om te kyk of Oubaas so flink soos altyd sal reageer. Klêngelêngklêngelêng!

Stilte.

Dan slaan ek die hek hard toe. KADWAF!

Stilte.

Ons loop regs om die huis en af in die smal stegie na die agterplaas. Ek skyn met die flits oor die vensters en agterdeur. Niks. Skielik duik ’n harige ding uit die lug op my en beland op my kop. Skerp naels slaan in my skouers in. Die takke van een van die bome kraak en blare val grond toe. ’n Onaardse geskree skeur deur die nag. Dit sny deur my ore. Meeeooowww! Die harige ding spring van my af.

“Diana, jou bitch!”

Die hare op haar stert staan regop. Dit lyk soos ’n toiletborsel. Haar rug is kromgetrek en haar oë spoeg vlamme. Gggggggg! blaas sy.

Rocky stamp sy voete. “Fokof!” skree hy.

’n Ander kat blits deur die tuin en spring oor die muur.

“Diana het uit die boom op jou gespring,” sê Rocky. “Lyk my sy het daar gaan wegkruip vir die ander kat. Hulle is seker op hitte.”

Diana hol agterdeur toe. Sy was uitgesluit en is hoogs die moer in. Ons loop terug vorentoe. Ek sluit die voordeur oop. ’n Doodse stilte hang in die huis. Ek sit die lig aan. Die krismisboompie lê onderstebo en byna al die plastiekblare en versierings is al afgeruk. Een van die honde het ook daar opgegooi. Die plastiekengeltjie het gelukkig nie in die groenerige, souserige kots beland nie.

“WYK, SATAN!” bulder Pik oorverdowend. Ek en Rocky wip soos ons skrik. Oubaas kom soos blits uit my ouma se kamer gehol met Hilda kort op sy hakke.

“Dit lyk my jy raak doof, Oubaas!” sê ek vir hom. Rocky roep hulle kombuis toe en maak die deur oop sodat hulle kan gaan kak en pis. Diana storm die kombuis binne. Ek skep vir die honde Husky in en gooi vir Diana pellets in. Ek sit die ganglig aan.

“Wie is daar? Wie is daar?” klink my ouma se stem op. “Is dit jy, Gé? Het jy my kom haal? Gaan ons nou hemel toe, Gé?”

Ek sit haar kamerlig aan. “Nee, Ouma, dis ek, Malletjie!”

“Ag, my kind, ek is so bly om jou weer te sien!” Sy knipper haar ooglede. “Ek voel so deurmekaar, ek weet nie meer mooi wat aangaan nie.”

“Moenie alleen voel nie, Ouma. Niemand van ons weet meer mooi wat aangaan nie. Het Ouma al iets geëet vandag?”

“Nee, my kind, ek is glad nie honger nie.”

“Maar Ouma moet iets eet!”

“Ek sal môre opstaan en kosmaak,” sê sy.

“Voel Ouma al sterk genoeg om op te staan?”

“Ja kwit, my kind, vir wat dan nie?”

“Dan is dit reg so, Ouma.”

Haar oë fladder toe en sy raak weer aan die slaap. Ek sit die kamerlig af.

Rocky sit op die trappie voor die kombuisdeur. Ek gaan sit by hom. Dis stil hier buite.

“Ek wonder waar kom die neighbours daaraan dat hier ingebreek is,” sê hy.

“Dalk is die buurvrou net spaced-out op Ritalin of CortiSlim. Of dalk is daar by ’n ander huis ingebreek.”

“UIT DIEPTES GANS VERLORE!” bulder Pik.

“So, wat scheme jy doen ons nou?” vra ek.

“Ek dink vir nou is die beste maar to go with the flow,” sê Rocky. “Dis ’n baie complicated case hierdie. Ek dink dis onmoontlik om vooraf ’n clear-cut strategy uit te werk van hoe ons moet operate. En ons moet net alle leads opvolg.”

“Ek dink jy’s reg. Op die een of ander manier moet dit uiteindelik ’n patroon vorm.”

KABOEM! klap ’n skoot. Dit eggo deur die lug. Ons skrik ons gatte af.

“Dit klink of dit daar in die rigting van die Brixton-begraafplaas is. Dis ’n rowwe plek daai,” sê ek. “Ek het al gehoor daar gaan baie onheil aan. Ek wonder wat sê die dooies daarvan.”

“Ek het gehoor die laaities van Fietas en Jan Bom wat op crack is, noem die plek hulle kantoor,” sê Rocky.

“En hulle dra skroewedraaiers en messe en val die mense aan wat daar deurloop en steel hulle selfone en horlosies en juwele en geld.”

“Ek het ook gehoor daar is sataniste wat katte slag en auto-erotic asphyxiation op die grafte doen.”

Ek ril. Dit voel of ’n yskoue straal vlermuispis teen my rug afdruppel. “Fok, Rocky, die mensdom is van sy trollie af. Dit sal my nie verbaas as die wêreld regtig Vrydag sy gat gaan sien nie.”

“Dit kan jy weer sê.”

Ver weg skree sirenes. Honde blaf asof hulle van hulle koppe af raak.

“Ek dink ons moet vanaand sommer hier slaap,” sê ek. “Hierdie keer slaap jy op die sofa. Ek sal my ouma se La-Z-Boy uitskop en daarop slaap.”

“Ja, ek is nogal wasted. Ek scheme dis ’n goeie idee om forty winks te vang.”

“Of forty wanks,” sê ek.

“Hahaha. Ja, dis maar beter om te slaap voor die uur van die wolf kom.”

“Wanneer is dit?”

“Tussen drieuur en vieruur. Dit is wanneer die meeste mense doodgaan, wanneer jy op jou diepste slaap en wanneer nagmerries soos real life voel. Dis ook die uur waarin die meeste babas gebore word.”

“Crazy shit,” sê ek.

“En dis ook die uur wanneer insomniacs so wakker soos môre die heeldag is en jou heartbeat al is wat jy kan hoor.”

“En jy vir die volmaan en die nuwemaan gelyk begin blaf.”

“More likely ’n halwe maan en ’n donkermaan, if you ask me,” sê Rocky.

“Of ’n skerp sekelmaan wat blink soos ’n serial killer se mes. Maar net die man in die maan sal weet. En hy sal anyway fokol vir ons sê.”