5. Holy shit!

1.

Ek moet op Beeld se voorblad double-check watter dag dit is. Dit gaan so hectic dat dit maklik is om track te verloor. Woensdag 19 Desember 2012.

Ek en Rocky het besluit om die dag met brekfis in Catz Pyjamas in Melville te begin, want ons het darem mos nou weer genoeg geld om vir ’n ruk soos twee lords te kan leef. Ons belangrikste mission vandag is om Codename JR in die hande te kry en so iets kan ’n ou nie op ’n leë maag aanpak nie, want as ek dinge so uitkyk en uitluister, is daar ’n baie goeie kans dat ons vandag op ’n groot kakspul gaan afkom. Daarom het ons ook ’n lekker vet zol geklap op pad hierheen.

Ek lees Beeld en Rocky lees Volkshol. Ek weier om aan Volkshol te vat. Ek sal nie eens met ’n tang of ’n tweezer daaraan raak nie. Die ink en goedkoop papier maak jou hande vuil, dit voel of al die stories daarin deur jou vingerpunte by jou insypel, in jou bloedstroom opgetrek raak en koolblare van jou brein maak.

Beeld onthul op die voorblad Stander het pas die hoofrol in die nuwe musiekfliek Skattebol gekry. Ek lees die berig vir Rocky. Die vervaardigers wou die nuus eergister aan hom meedeel, maar kon hom nêrens in die hande kry nie. Daar is gerugte dat daar baie onenigheid was oor die hoofrol en ’n groot bakleiery agter die skerms oor wie dit moes kry. Omtrent elke sanger wat leef en beef het oudisies daarvoor gedoen. En daar kry Stander dit toe – en hy kan nie eens toneelspeel om sy lewe te red nie, sê die kenners.

“Klink my hulle moet die fliek liewer Skattebôls noem,” sê Rocky.

“Dit klink vir my na ’n spin-off van daai fliek Liefling. Afrikaanse flieks pop mos deesdae soos mushrooms op. As ek die Afrikaanse entertainment industry so uitcheck, lyk dit my die hele ou sous het Hollywood-sin droom.”

“Ek scheme jy slaan die spyker op die kop, bru.”

“Indië het mos Bollywood en Nigerië Nollywood, so ek scheme ’n mens kan Suid-Afrika se eie Hollywood seker Drollywood noem.”

“Of Frollywood. Of Lollywood.”

“Hahaha, ek laaik van Lollywood. En ’n mens kan die Boere-Hollywood Rolypolywood noem. En kan jy imagine as ’n mens Hollywood-sindroom in Rolypolywood het …”

“Hahaha,” lag Rocky. “Ek wil liewers nie weet nie, selfs nie eens in my wildest dreams nie.”

“Dis ’n resep vir ’n kakspul van epifaniese proporsies,” sê ek.

“Hahaha. Jirre, ek laaik dit as jy sulke hoë Afrikaans praat as jy high is.”

Daar is nog ’n berig oor Stander op Beeld se voorblad. Nadat druk deur die FAK, die ATKV, AfriForum, die Boere-Krisisaksie, Solidari teit, die Vryheidsfront Plus en die Afrikanerbond uitgeoefen is, het die polisie ingewillig om ’n taakspan aan te stel om die ondersoek na Stander se verdwyning te bespoedig.

Ek vra Rocky om Volkshol voor my neer te sit sodat ek kan sien wat hulle skryf, want ek kan vinniger Afrikaans lees as hy. Solank ek net nie daaraan hoef te raak nie.

’n Moerse kleurfoto van die blonde seksbom Jamie-Lee Roberts, wat al voorheen deur die celebrity-tydskrif Heat romanties met Stander verbind is, is op die voorblad. Benewens haar kortstondige affair met Stander is haar ander claim to fame dat sy al haar boude en tiete in ’n paar van Japsnoet se musiekvideo’s geswaai het. Dit was danksy Stander se bemiddeling dat sy haar deurbraak as danseres in die vermaakbedryf gemaak het. Daar is ook onlangs bekend gemaak dat sy aan die volgende Survivor SA-reeks gaan deelneem. Sy is glo die rede waarom Stander en Jacqueline Kriel destyds geskei is.

“So, dit is sy wat die vlieg in die salf was,” sê Rocky.

“Of eerder die brommer in die smeermiddel, if you ask me.”

Die sogenaamde bom wat Jamie-Lee “eksklusief” in Volkshol laat bars, is dat sy op “goeie gesag” verneem het dat Stander ’n ruk lank “onder die radar” wou gaan om “in die geheim” plastiese chirurgie te kry, en dat sy byna doodseker is dat dit die rede is hoekom niemand hom nou in die hande kan kry nie.

“Nou hoekom sal sy Stander se doppie wil klink? Hy sou so iets tog mos geheim wou hou?” vra ek vir Rocky. “Dis genoeg om ’n mens hond se gedagte te gee. Sy het seker ’n appeltjie met hom te skil. ’n Gifappeltjie, if you ask me.”

“En nou wil sy die apple-cart omgooi.”

Ek lees verder. Jamie-Lee sê die enigste rede hoekom sy dié inligting bekend maak, is sodat sy kan help om sy aanhangers te kalmeer en hulle kan weet hy is nie dood of in lewensgevaar nie.”

“Ag please, wie sal nou sulke kak glo? Ek scheme sy het Volkshol toe gehol omdat sy net ’n bietjie cheap publicity vir haarself wil hê.”

“Vir al wat ons weet, het iemand haar betaal om liegstories te versprei.”

“Wie? En hoekom?”

“Fok, Rocky, ek weet nie. Ek is nie fokken Moses nie.”

“En watse plastic surgery wil Stander kastig hê?”

“Sy sê nie. Dalk het iemand hom gebliksem en sy gesig opgefok. Of dalk wil hy tien jaar jonger lyk vir Skattebôls. Dalk het hy opwipballe nodig vir die rol.”

“Dalk moet hy in plaas van plastic surgery eerder vir ’n brain transplant gaan, of sy piel langer en dikker laat maak.”

Ons moet ons gatte roer. Daar is fokken baie om te doen. Ons moet by Codename JR uitkom en die waarheid uit hom wurg. Ons sluk ons brekfis en koffie af. Tussendeur bel ek vir Beyers om te hoor of hy al iets uitgevind het oor die spul wat gevang is en om Codename JR se nommer by hom te kry. Nee, sê hy, die mense wat Zuma wou opblaas se name is nog nie bekend gemaak nie en die polisie reageer nie op navrae nie. Daarna bel ek Codename JR. Geen antwoord. “The subscriber you have dialled is not available. Please try again later,” sê die stem van ’n vrou wat klink of sy jou bed toe wil sleep.

Fok.

Rocky betaal met van die cash wat nog oor is van dit wat hy gisteraand getrek het en ons loop. Ons het laer af in die straat voor Paul’s Tavern langs Adult World geparkeer.

“Kom ons loer gou daar in, just for the hell of it,” sê Rocky. “Dalk kry ons idees vir as ons ’n travelling sex shop na die arts festivals wil vat as The Third Eye ’n fokop is.”

Ons bekke hang oop oor wat ons alles in Adult World sien. Dis ’n kolossale volksfees van die vlees. Rakke en rakke vol speelgoed, vibrators, stoute nighties, salfies en smeermiddels, DVD’s, boeke en tydskrifte net waar jy kyk.

“Help my om die woord ‘volksvlees’ te onthou, Rocky, ons kan dalk nog iets daarmee doen,” sê ek terwyl ons die Diva Comfort Seat Love Swing bekyk. Teen net R2000 kan jy nou jou eie naaiskoppelmaai hê. ’n Mens kan nie mooi deur die plastiek sien hoe dit lyk nie. Wat sê die instruksies? Ek draai die pak om. Fokol. Dis op ’n pamflet binne-in.

“Hoe naai ’n mens op ’n skoppelmaai?” vra ek.

“Is ’n skoppelmaai ’n swing?” vra Rocky.

“Ja.”

“Ek het nie ’n clue nie, bru. Maar ek is seker daar sal video’s op YouTube wees waar ’n ou kan gaan kyk hoe dit werk.”

Hier is so baie goed in die shop, ons sal nooit tyd kry om dit als uit te check nie. Daar is ’n Lelo Gigi Deep Rose G-kol-masseermasjientjie, eyelashes (Baby Pink Feather, Beige-Brown Feather, Beige-Red Rhinestone en Black Deluxe), ’n kakhuis vol dildo’s en strap-ons soos Black Jack Smooth 12”, Black Jack Veined 18”, Couture Collection Harness, Emperor (Black, Brown en Ivory), The Czar (Brown en Ivory) en Tyler Knight’s Futurotic Cock (White). Die pryse wissel van R100 tot R600.

“As ons sulke goed by Afrikaanse art festivals wil verkoop, sal ons Afrikaanse name daarvoor moet hê,” sê Rocky.

“Dit behoort nie te moeilik te wees nie. Die Meesterpeester. Die Stoute Kabouter. Tokkelos in die Bos. Die Vonk de Ridder 12”. Die Boer Soek ’n Vrou 18”. Die Ben de Beer 24”.”

“Ja, lekker! Maar ons moet die Tokkelos in die Bos net in ivory hê. Wat sal ons met Tyler Knight’s Futurotic Cock maak?”

“Wat van Zander Stander se Supersoniese Towerstaf?”

“Hahaha ja, ek scheme dit sal soos hot cakes verkoop.”

In die volgende gangetjie bekyk ons die Advanced Clitoral Pump, Advanced Nipple Suckers, Bound by Diamonds Ball Gag, Colt Anal Douche, Lelo Sensua Suede Whips in swart, rooi en pers, Micro Heated Vibrating Nipple Clamps, Activate Her Clit Cream, Activate Her Nympho Cream, Clitoral Stimulating Gel Super Strength Atomic, Dr Joel Anal Training Kit, Hot Beavers Playing Cards en Penis Cake Pan.

“Ek wil so ’n pan hê!” sê ek. “Dink net, koekies wat soos piele lyk, hahaha.” Ek soek na die prys. “R120! Is hulle van hulle sinne beroof?”

“Hulle naai jou deur die ore, bru, dis hulle werk,” lag Rocky. “Gee hier, ek sal dit vir jou koop. Dis ’n present.”

Teen die een muur is DVD’s met name soos 100% Prime Grade A Meat, Cum Hungry Cocksuckers, 18 And Fucking (’n hele reeks), Anal Anarchy, Anal Face, Bad Teachers, Ball Busting Bitches, Battle of the Asses, Bisexual Interactive, Black Brazilian Booty, Black Cherry Poppers, Black Cock Worship, Big Bust Cougars, Arabian Fever, Daddy’s Boys, Egyptian Dreams, Every Inch Counts en Hot Hotel Hookers.

“Ek sidder as ek dink hoe ’n mens al hierdie goed in Afrikaans kan vertaal,” sê ek.

“Ja fok, kan jy imagine …”

Boerepoes in die boendoes. Swinger in die suburbs. G-kol in die gramadoelas …”

Swart piel is koning …”

“’n Southappie vir ’n vroetelpappieDie Pielsuigprinsesse van PotchefstroomBoudnaai in Houtbaai’n Bloemer val in WaterkloofDie Volksmoedervaginaganza …”

“Kan jy net imagine! Die mense sal ons met klippe doodgooi!”

“Of dit sal hulle so opgewonde soos ’n non op ’n wortellorrie maak, if you ask me.”

My foon bliep-bliep-bliep terwyl ons na die Commander Erect Enhancer en Wrap Around Lover Doll op ’n ander rak kyk. Dis ’n SMS van Alice Ellis: Het jy dlk whtny houstn se grtst hits cd en titanic sndtrck kan ek dit leen bel my!!!

Rocky haal ’n boek met foto’s van pubic hairstyles vir vroue van die rak en blaai dit deur. “Jirre, hoor net al hierdie name van die hairstyles,” sê hy. “Ek het nie geweet daar is so baie nie.”

Ons kyk eers na die foto’s en dan na die name onder dit. Daar is die Bushy Cut, die Triangle Cut, die Heart Cut, die Rectangle Cut, die Pine Cut, die Toothpick Cut, die V Cut, A River Runs Through It, Batman, Bird on a Pole, Bottle Brush, Bottle Opener, Butterfly, Caterpillar, Eagle Wings, Landing Strip, Lawn Mower, Postage Stamp, Skin to the Wind, Tornado en Tumbleweed.

“Goeie bliksem,” sê ek. “Weet jy hoe kan ’n ou ’n kakhuis vol geld maak?”

“Nee?”

“As jy so ’n haarsalon eksklusief vir Afrikaanse dames begin en al daai style se name in mooi Afrikaans vertaal. Jy kan dit selfs ’n travelling haarsalon maak en na al die festivals toe gaan.”

“Hahaha. Een van ons styles kan die Ben de Beer Snor wees. En wat sal ’n ou so ’n salon noem?”

“Suikerbossie.”

Ons besluit om te fokof. Die son is verblindend toe ons buite kom. Op die sypaadjie probeer ek Codename JR weer bel. Voicemail dié keer, so hy het darem al sy foon intussen aangesit, die slymbol. Bel my dringend, sê ek.

Rocky wil cash trek by die Absa ATM tussen Adult World en Catz Pyjamas. Ek sê vir hom hy moet eerder gaan trek by ’n ATM van Standard Bank waar hy ’n customer is, want hulle vat fokken baie van jou geld as jy by ’n ander bank se ATM trek, maar Rocky sê fok dit, ons het anyway nou geld, daai R20 of so wat hulle charge gaan wragtag nie ons rug breek nie.

Ons check die scene eers goed uit of daar nie sleazy fokkers rondsluip nie voor hy sy kaart indruk. Ek gaan staan langs hom en probeer om soos Sylvester Stallone te lyk. Enige skobbejak wat kom kak soek en wil cash steel moet my net een kyk gee en weet ek is bad news, ek sal hulle knaters des moers skop, die hondenaaiers.

“Wat de fok!” roep Rocky uit. “No funds available. Your daily limit has been exceeded. Hoe de fok is dit moontlik? Ek het dan nog glad nie bucks getrek vandag nie!”

Ons loop terug en klim in die kar.

“Fok, dis nou ’n kakspul,” sê Rocky. “Ons kan fokol sonder geld doen.”

“Al manier om uit te vind is om by ’n branch van Standard uit te kom en te vra hulle moet check wat aangaan,” sê ek. “Daar is een by die Campus Square Shopping Centre. Kom ons gaan soontoe.”

Rocky besef daar is geen ander uitweg nie en ons vat die pad op in Main Road, sukkel om parkeerplek te kry, ry om en om. Rocky moet ’n paar keer toet vir mense wat voor die kar inloop, dan besluit die een of ander mufkop om 20 km/h voor ons te ry en ons moere begin suur raak vir hierdie kak. Uiteindelik kry ons ’n spot.

Daar is ’n lang tou by die navraetoonbank in die bank. Fok tog. Die plek is so vol wit en blou plastiek en neon dat dit voel of jy op die stel van ’n Aquafresh-TV-advertensie is. Voor langs die toonbank is ’n TV wat aan die muur vas is. Inhouse video’s word gewys. ’n Stem wat klink soos dié van ’n Top Billing-presenter sê: “Don’t be distracted. Don’t have social conversations with strangers.”

Op die muur aan die oorkant is twee posters wat opwindende nuwe dienste adverteer wat die bank aanbied. FUNERAL PLAN R36 P/M, sê die een, en ASK A CONSULTANT ABOUT FUNERAL PLAN EXTRA sê die ander een.

’n Nuwe video kom op die TV screen. Dit gaan oor ’n man genaamd Jacques wat ’n hartaanval kry. Paniek op sy gesig. Mense wat naderstorm. Hy moet ’n driedubbele hartomleiding ondergaan, deel die Top Billing-stem ons mee, en wie gaan daarvoor betaal? “Death is one of those things in life we all have to face,” sê hy. Maar as Jacques die nuwe Direct Line Deal het, kan hy ontspan, want dan sal die bank selfs vir noodoperasies help betaal. Daar is ook versekering vir beroerte en selfs vir kanker, sê die spookstem. Terms and conditions apply.

Uiteindelik is dit ons beurt. Rocky verduidelik wat gebeur het. Die vrou agter die toonbank lyk soos ’n robot in ’n fabriek. Sy check sy ID en tik verwoed op haar computer en staar dan na die skerm asof sy een of ander moerse revelation verwag. Daar is net na middernag R5000 getrek, sê sy.

“Dit kan nie wees nie!” sê Rocky ontsteld. “Dis totally impossible!”

Die bedrag is oorbetaal in ’n rekening in Nairobi, sê die vrou. Sy tik weer iets en staar na die skerm asof sy gehipnotiseer is. Die bank se computers is fokken stadig.

Daar was nog twee pogings om geld uit die rekening te trek en na dieselfde rekening in Nairobi oor te plaas – een van R3000 om 00:30 en nog een van R2000 om 00:35, maar dis deur die bank geweier omdat die daaglikse limiet toe reeds oorskry is.

“Maar ek was nie eens in Kenia nie!” sê Rocky.

Dan moet dit fraud wees, sê die outomaat agter die toonbank. Wanneer laas het hy sy kaart gebruik? wil sy weet.

Gisteraand toe hy cash getrek het in Braamfontein, sê hy, en hy het dit gistermiddag vir my gegee om daarmee te betaal toe ek die Jack Daniels gekoop het.

Die kaart is heel waarskynlik gekloon, deel die vrou hom kil en saaklik mee.

“Beteken dit ek het daai R5000 verloor?” vra Rocky. “Sal ek dit kan terugkry as dit fraud is?”

Dit hang af, sê sy. Die bank se fraud unit sal dit eers moet ondersoek. En as sy nou sy kaart vervang, sal die nuwe een eers binne 24 uur gebruik kan word.

“Goeie fok!” sê Rocky vir my. “Hoe weet ons die res van die bucks gaan nie ook in die volgende 24 uur gesteel word nie? Ons is in ons moer in as ons nie vandag kan bucks kry nie. Wat as ons vandag nog Aasvoëlberg toe moet ry? En ons moet kos ook koop!”

Wat ’n kakspul. ’n Mens kan kaalgesteel word op die internet. En ons gaan in ons moer in wees as ons al daai bucks verloor, totaal en al in ons godforsaken moer in.

Dan is dit ’n maniese getik agter die toonbank met lang naels wat klieketiekliek-klieketiekliek op die computer en ’n invullery van vorms en handtekeninge hier en handtekeninge daar en as u in die hokkie hier langsaan kom sit, kan ek u op die lyn kry met ons fraud unit sodat u dit kan rapporteer, sê die robot haar rympie op.

’n Driekwartier later is ons klaar. Ons kan nie vinnig genoeg uit die plek kom nie, wat nou voel soos ’n akwarium waarin uitgehongerde haaie swem en waar die glas dreig om enige oomblik te breek.

“Fokkit, ’n dop by Ratz Bar sou nou nie sleg gewees het nie, maar ek dink nie hulle is al oop nie,” sê Rocky toe ons buite kom. “Ek het darem nog ’n paar rand oor. Ons moet iewers gaan sit en strategise terwyl ons wag om van Codename JR te hoor.”

“Dink jy ons kan drinks bekostig? Ons weet nie of ons môre nog geld gaan hê nie.”

“Aaag, what the fuck. Ons kan die bietjie wat ons oor het enjoy terwyl ons dit nog het. Wat van die News Café?”

“Goeie idee. Jirre, bru, kan jy jou ’n genuine nuuskafee voorstel? Kelner: ‘Wat wil u hê, meneer?’ Kliënt: ‘’n Obama-frikkadelletjie op ’n Arabian Spring-croissant met ’n Sirië-bloedbadsousie on the side, asseblief.’”

“Fok, Malletjie, jy kan darem kak praat as jy gerook is.”

“Kelner: ‘En wat vir u, mevrou?’ Mevrou: ‘’n Ghaddafi mixed grill met ’n Oprah Winfrey-kolwyntjie vir nagereg, asseblief.’ ‘En vir u, meneer?’ ‘’n Kim Kardashian-skaapkop met ’n pynappel vol tequila in haar oopgesperde kake en ’n lekker ou WikiLeaks-soetsuursousie, asseblief. En ’n doggy bag vol fyngeroosterde Basjar al-Assad-knaters en Mugabe-breinselle sodat die honde lekker kan vreet. En dan ’n lekker Sentraal-Afrikaanse stoompoeding. En dit alles sluk jy af met ’n glasie Riaan Cruywagen Oude Meester.’”

“Of more likely ’n Zander Stander shooter, if you ask me.”

“Watse soort shooter? ’n Blowjob of ’n Springbok?”

“Dis waarskynlik eerder ’n cocktail. Iets soos ’n Jerry Springer Screwdriver …”

2.

Ons het toe besluit te moer met die News Café, dis te duur en daar hang te veel fokken smooth jappies uit, en eerder teruggekom na Rocky se flat. Ek wonder hoekom bel die donderse JR nie terug nie. Ek probeer hom weer bel. Steeds net voicemail.

Ek krap deur Rocky se CD’s en druk Rogue’s Gallery: Pirate Ballads, Sea Songs and Chanteys in sy CD player. Op die cover is ’n man wat soos ’n verlore matroos lyk en koponderstebo en met krom skouers alleen op ’n moerse leë strand sit. Op die prentjie lyk dit of die son opkom, maar as jy op ’n ander manier daarna kyk, lyk dit of die son sak. Die klank van ’n ou, blikkerige, fucked-up kitaar klink op. Die sanger begin in ’n stem sing wat jou aan ’n pad vol klippe en gate en doringbome laat dink. Hy grom, maar hy brom nie. Hy kerm ook nie soos ’n rot wie se derms deur ’n kat uitgeruk word nie. Hy trek die woorde uit soos ’n hond wat senings van ’n been afvreet.

Ek en Rocky is spellbound. Wat ’n mindfuck.

Ek kyk op die CD cover wie hy is. Baby Gramps. Die song se naam is “Cape Cod Girls”.

“Dis ’n befokte CD,” sê Rocky. “Toe hulle aan die Pirates of the Caribbean movies gewerk het, het Johnny Depp en die producer Gore Verbinski gedink dit sal kwaai wees as hulle al hierdie stokou songs gaan soek wat pirates en sailors gesing het terwyl hulle werk. En toe het hulle nuwe versions van als opgeneem.”

Baby Gramps se song raak skielik freaky, want dit klink of hy die klank van ’n didgeridoo naboots. What the fuck. Hy spin sy klanke soos ’n giftige spinnekop se spinnerak om ons. As jy reg oorkant hom sou sit wanneer hy daai sound maak, sal hy jou so mesmeraais dat jy nie weet waar de moer jy is nie. Dis fokken trippy. En in die song se chorus parts sing ’n klomp weather-beaten outoppies saam met hom en dit klink happy en sad gelyk en pluk nogal ’n ou se hartsnare, veral dié wat al out of tune is.

“Dit klink of hulle in ’n rustic riff-raff bar iewers on the edge of the world sit en suip en sing,” sê Rocky.

“Die sout van die aarde.”

“Die grówwe sout,” sê hy. “Die beste soort. Weet jy hoekom laaik ek hierdie music? Hierdie sailors of the seven seas dans elke dag met die dood – jy is in die middle of nowhere en die see kan fokken vicious raak. ’n Moerse storm kan jou enige tyd uitwipe, ’n pirate ship kan jou attack, jy kan jou net al die dangers imagine. Maar tog voel die songs jolly en uplifting, en die songs wat sad is, het ’n soort spirit wat awe-inspiring is.”

Ons moet ons gatte in rat kry. Ons besluit om perspektief te probeer kry deur alles neer te skryf wat ons oor Stander se verdwyning gehoor het. Dalk sal ons die lig sien, of die een of ander patroon, as ons al die vermeende rolspelers en beweerde feite en ongetoetste teorieë netjies uiteengesit in swart op wit sien. Ek sê vir Rocky ek sal die tikwerk doen, dan moet hy langs my sit sodat ons dit kan uitpluis. Ons moet nou baie dringend besluit watter van hierdie data in ons breins ons moet delete en watter ons moet save. Hy sit sy laptop aan, maak Microsoft Word oop en ek begin tik terwyl hy my help om die lysie te maak:

  1. Het die sanger Frikkie Ferreira iets met dit alles te doen? Gebruik hy vir Zander Stander om Ben de Beer tot ’n val te bring?
  2. ZS afgedreig deur rentboy Christopher. C wil meer geld hê omdat hy Oom Woerwoer baie geld skuld. ZS weier om nog geld te gee.
  3. C word vermoor. Wie is die moordenaar? Oom Woerwoer se agente? Waar pas JR presies hier in?
  4. Het ZS dalk C se keel laat afsny of dit dalk self gedoen om hom stil te maak?
  5. ZS is by die Brandwag Orde en Kerk van die Ewige Volk. Hy is óf kop in een mus met hulle óf hy is deur hulle ontvoer. Kan dit dalk wees dat een van die rentboys se pa in die Brandwag Orde of Kerk van die Ewige Volk is?
  6. Die BO gaan bekend maak ZS is die nuwe volksleier omdat hy ’n baie gewilde sanger is en baie mense vir die orde en die kerk kan werf. Indien wel: doen hy dit omdat hy self daarin glo, of is hy deur hulle ontvoer en gebrainwash sodat hulle hom vir hul eie creepy schemes kan gebruik?
  7. ZS is deur die BO ontvoer om op die volksaltaar geoffer te word want hy is ’n volksverraaier omdat hy rentboys naai en/of die Illuminati se meeloper geword het.
  8. ZS is ’n rightwing terroris. BO was/is ’n front vir ’n terreurgroep onder cover van die Kerk van die Ewige Volk. Wou Zuma opblaas in Bloemfontein.
  9. ZS het onder die radar gegaan vir plastic surgery. Hoekom? Het iemand hom gebliksem? Of is dit net vanity? Praat Jamie-Lee Roberts die waarheid of lieg sy deur haar perfekte tande, en hoekom?
  10. ZS het buite-egtelike kinders by groupies wat wil wraak neem omdat hy nie onderhoud betaal nie en die kinders nooit sien nie. Waar of vals, of ’n halwe waarheid?
  11. ZS is in die Spur in Margate, ’n drankwinkel in Hertzogville, ’n hospitaal in Koppies en ’n massage parlour in Kroonstad gesien. Waar of vals?
  12. ZS is saam met ’n veel ouer vrou in die Mala Mala-wildreservaat gesien. Waar of vals? Is sy ’n sugar-mommy? Naai hulle?
  13. ZS is dronk en jags in die Cat Walk-seksklub in Bloemfontein gesien. Waar of vals?
  14. Waar is ZS se toerbus?

“So, wat sê jou gesonde verstand vir jou, Rocky?” vra ek nadat ek twee copies van die lys uitgeprint en ons dit aandagtig deurgelees het.

“Dis ’n kakspul. Wat sê joune?”

“Daar’s fokol bewyse vir enigiets. My gesonde verstand sê vir my ons moet ons nie verbeel ons is regte PI’s nie en dat ons ons nie verder met hierdie kak moet ophou nie. As ons wil deurdruk met The Third Eye, moet ons net owerspel en liefdesbedrog ondersoek. Soos in Cheaters. Ons is nie fokken CSI: Miami of Monk nie. Ons moet wegbly van kak soos missing persons en moordenaars en drug dealers.”

“Ag nee, Malletjie, dis nie so erg nie. Chill. Moenie spoke opjaag nie.”

“Dis nou te sê ás dit my gesonde verstand is wat so sê. Dalk is dit my ongesonde verstand. Deesdae weet ’n mens ook nie meer so mooi nie. Ek weet nie meer aldag wat om te dink nie.”

“Ja, wragtag, party dae weet ek ook nie. En wat sê jou gut feeling?”

“Ek trust fokken niemand nie. Ek dink niemand het ons nog die volle waarheid vertel nie – van Adam Nagtegaal en die rentboys en Steven tot die spul in die Blou Bul Bush Pub tot Ben de fokken Beer – en dat hulle stertjies aanlas aan die halwe waarhede wat hulle as evangelie aan ons probeer afsmeer. Wat sê joune?”

“Fok, ek weet nie,” sê Rocky. “As ons net by JR kan uitkom, sal ons dalk ’n beter picture kry.”

Ek voel all dressed up and nowhere to fucking go. Ons sit met ons vingers in ons holle. Dalk het ons môre niks meer geld oor nie en is alles gesteel. En as ons nie vir JR in die hande kan kry nie, is dit tickets. Ek gaan na nuus24.com om te kyk wat alles in die wêreld aangaan. Die lyke van twee Afrikaanse meisies is in ’n kamer in ’n seedy hotel in Joubertpark gekry met spuitmerke oral op hul liggame. Daar word bespiegel dat hulle deur Nigeriese dwelmbase vermoor is, of deur ’n Portugees gewerf is vir ’n Hongkongse kinderporno-regisseur se volgende projek, of deur ’n Amerikaner as seksslavinne vir ’n sindikaat wat in Thailand bedryf word.

Rocky het David Bowie se Scary Monsters in die CD player gedruk en dit lekker hard gedraai. Hy rol vir ons ’n joint.

Ek scroll verder af en vertel hom wat ek alles lees. Daar is heelwat berigte oor die einde van die wêreld oormôre. Een van hulle is oor die verwagte botsing van die aarde met die planeet Nibiru. ’n Amerikaanse vrou, Nancy Lieder, waarsku ons al sedert die 1990’s hieroor, en nou het die oomblik aangebreek. Lieder sê sy het ’n inplanting in haar brein wat haar in staat stel om met buiteruimtelike wesens van die Zeta Reticulisterrestelsel, 39 ligjare weg, te kommunikeer en dat hulle vir haar gesê het alle hel gaan Vrydag losbars.

Rocky steek die joint aan en gee dit vir my. Ek vat ’n paar diep trekke, gee dit weer vir hom en lees verder. In China het verkope van kerse en lewensnoodsaaklike middele die hoogte in geskiet. Dit is baie vreemd, want die Chinese was nog nooit gepla oor wanneer die einde van die wêreld kom nie. Maar toe kom hulle agter die paniek kan toegeskryf word aan die gewildheid van die Hollywood-blockbuster 2012 in China omdat die mense meegesleur is deur die storie waarin die Chinese weermag arke bou soos Noag s’n om die mensdom te red.

In nog ’n berig word gesê dat 21 Desember 2012 nie net volgens die Maja-beskawings se kalender die einde van die wêreld is nie. Die I Ching, Aztec-geskrifte, Egiptiese hiërogliewe, Romeinse orakels, die hoofsjamaan van die Cherokee-Indiane en Nostradamus het ook so gesê.

“Ek wonder wat het Siener van Rensburg hieroor gesê,” sê ek vir Rocky. “As ek al hierdie dinge hoor, sê my common sense vir my die wêreld gaan regtig Vrydag sy gat fucking big time sien. No doubt about it.”

“Ek begin ook al hoe meer so dink. Ek het eers gedink dis als ’n pot snot, maar ek begin nou ook wonder.”

David Bowie se “Up the Hill Backwards” begin speel

“GET YOUR ROCKS OFF! GET YOUR ROCKS OFF!”

Ek gryp my foon. Caller unknown. Dalk is dit JR. Ek fokken hoop so.

“Hallo?”

Stilte.

“Hallo?”

Dis weer daai vreemdeling wat swaar en diep asemhaal soos ’n psycho wat bloed geruik het. Maar hierdie keer gaan hy ’n bietjie verder. Hy gee ’n histeriese kekkellaggie aan die einde soos ’n hoender wie se kop pas afgekap is. Dit klink so corny dat ek nie weet of ek moet lag of huil nie.

“Fokof, jou poes!” sis ek. Ek druk die rooi icon en gooi die foon op die koffietafel neer.

“Wie was dit?” vra Rocky.

“Dis weer daai stuk hondekak wat so diep en stadig asemhaal.”

“Wie kan dit wees? Het jy enemies?”

“Nie waarvan ek weet nie.”

“Dalk is dit een van die manne van die Blou Bul Bush Pub wat die hots vir jou het,” sê Rocky. “Ek het gesien daai Manie Brits het jou gat so uitgecheck.”

“Ag jy praat kak, man.”

“Genuine, bru. Ek fokken lieg nie vir jou nie. Wie anders sou dit nog kon wees? Dalk een van die rentboys wat ’n siek game probeer speel. Jy weet hulle breins is 24/7 uitgewire op crack. Dit kan tog seker nie daai ou van die Hillbrow Inn wees nie, maar enigiets is seker possible.”

“Ons was fokken stupid om ons nommers vir al daai mense te gee. Hoekom het ons nie gedink wat ons doen nie? Nou is dit te laat vir trane.”

“Of vir crocodile tears.”

Rocky haal David Bowie se CD uit nadat hy “Scary Monsters (and Super Creeps)” en “Ashes to Ashes” gesing het, haal Trainspotting se soundtrack uit en forward dit na die title track deur Primal Scream. Hy draai die volume tot op 10. Die song se trippy beat en sound laat my altyd soos ’n spaced-out cowboy in die sunset voel. Ek gaan lê op Rocky se bank en maak my oë toe. Dit voel of ek in die hemel is. Wie het gedink dit kan nog moontlik wees.

Maar nie vir lank nie.

“GET YOUR ROCKS OFF! GET YOUR ROCKS OFF!” Whambam terug fokken aarde toe. Ek gryp my foon. Dis Codename JR. Ek sê vir hom ons moet hom dringend kom sien. Hy wil eers nie byt nie. Ons het vir hom groot nuus oor Zander Stander, lieg ek. Opspraakwekkende nuus wat ’n mens nie oor ’n foon kan bespreek nie. Dan sê hy oukei, ons kan kom, en gee my sy adres in Linden.

Ons ry dadelik. Op pad rook ons nog ’n joint en luister na Talking Heads se CD True Stories. Gelukkig is die verkeer nie te hectic op Beyers Naudé Drive nie. Wanneer die kwaaiste song op die CD, “Wild Wild Life”, begin speel, sit ek dit harder en draai die bass-knoppie heeltemal oop. Dit bounce so diep en hard dat dit voel of die hele kar skud. Dit voel of ek skielik weer lewe.

“Ek voel so aan my balle ons gaan vanmiddag ’n breakthrough maak in hierdie case,” sê Rocky. “Ek dink ons gaan uitvind waar Zander Stander is.”

“Ek fokken hoop so,” sê ek. “Want nadat ons vanmiddag daai lys gemaak het, sien ek net rooi ligte flash. En ek kan nie my kop om dit kry nie. Dit is so ’n kakspul dat geen pen dit kan beskryf nie, en ons het nie ’n fokken clue wat aangaan nie …”

3.

Dis laatmiddag wanneer ons by Codename JR se hek stilhou en die buzzer druk. Toe hy oor die interkom hoor dis ons gly die hek dadelik oop. Sy huis is allesbehalwe impressive. ’n Mansion is dit beslis nie. Dit lyk maar net soos al die ander huise in hierdie depressing suburban middelklasbuurt. Garden & Home sal nooit ’n artikel oor sy blyplek kom doen soos wat hulle met ander celebrities s’n doen nie. Selfs die drolpeer-, witgat- en haak-en-steekdoringbome in die tuin lyk maar redelik fucked.

Die oomblik van afrekening het aangebreek. As Codename JR nie wil oop kaarte speel nie, sal ons hom ’n bietjie help. Ons sal dreig om sy ballas met ’n blaasvlam te brand. Ons sal dreig om Huisgenoot toe te hardloop met die addernes wat ons nou gaan oopsteek, al weet ons nie waar die slange wegkruip nie. Ons sal dreig dat ons alles vir sy vrou gaan vertel en dat sy ’n baie nasty surprise sal kry as hy nie sy samewerking gee nie. Ons kan hom op sy fokken knieë dwing.

Ons het skaars stilgehou of Adam Nagtegaal, alias JR, kom by die voordeur uit en sluit die veiligheidshek vir ons oop. Toe hy ons sien, lyk hy skielik baie agterdogtig. Dan kliek ek hy het Beyers Eybers saam met my verwag en nie vir Rocky nie. Hy kyk hom op en af asof hy die vrede glad nie vertrou nie.

“Adam, dis Rocky Johnson; Rocky, dis Adam Nagtegaal,” stel ek hulle aan mekaar voor. “Beyers het ons gestuur. Hy kan nie self kom nie, want hy is op die toneel van ’n plaasmoord naby Brits,” lieg ek sonder om ’n oog te knip. Dankie tog vir die joint wat ons op pad hierheen gerook het.

Nagtegaal nooi ons binne. ’n Namaaksel van ’n Persiese tapyt lê op die sitkamer se blokkiesvloer. Teen die mure is skilderye van Tafelberg, ’n olifant, blomme, ’n plaashuis en ’n portret van Nagtegaal en sy vrou en kinders. ’n Moerse flat screen TV oorheers die een muur en staan soos ’n altaar daar. Eenkant staan ’n boekrak. Ek laat my oog vinnig oor die titels gly. Vygies en vreugdes deur Maretha Maartens. Gister se goue strande deur Toek Blignaut. Lodewyk die leeuehart deur J.J.G. Grobbelaar. Gelofteland deur F.A. Venter. Briewe van Kleinjan deur Johann Postma. Salf vir jou siel deur Solly Ozrovech. Boos en bisar en Riller in die raaisel deur Chris Karsten. Potjiekos deur Matie Brink. Eeugenoot: Honderd jaar saam met Huisgenoot deur Hennie Fritz en Leo Kritzinger. Die goeie gasvrou deur Rina Pont. Die triomf van Afrikaans deur prof. dr. E.C. Pienaar. Die ontwakende man deur Harold Schryock. Tolla: Konsert van die lewe. Gif van die adder deur Elmar Steyn. ’n Hele paar van Konsalik: Satansparadys, Pad van verskrikking, LSD, Bloedhuwelik in Praag.

Nagtegaal beduie na die bal-en-klou-meubels en sê ons moet sit. Hy vra nie eens of ons koffie of tee wil hê nie en gaan sit in die grootste gemakstoel.

“So, meneer Johnson, hoe pas jy in die prentjie? Wat is jou geloofsbriewe?” vra hy en draai ’n paar haartjies van sy druipsnorretjie tussen sy vingerpunte.

Fokkit, die man praat weird. Hy klink soos ’n houtwerkonderwyser wat ’n boring boek ingesluk het.

“Geloofsbriewe? Wat is dit?” vra Rocky. “Ek werk nie vir die kerk nie.”

“Jou credentials,” sê Nagtegaal.

“Ek is ’n private investigator. Ek en meneer Malan is partners.”

Nagtegaal lyk skielik asof hy ’n vrot rot ruik wat deur ’n straatkat by sy prim en proper huis ingedra is, maar hy hou sy pose.

Dit is dalk ’n goeie tyd om die mes nou dadelik diep in te steek en goed rond te draai en hom nie eers te probeer sag maak nie, die werfetter. Ons is nie hier om fokken mooi broodjies te bak nie.

“Ons kon geen bewyse kry dat Stander rentboys naai nie,” sê ek. “Hoekom het jy vir ons gelieg?”

Hy verbleek. ’n Aar swel in sy nek. Ek kan in sy oë sien hy is diep geskok. Hy is obviously die tipe wat uitfreak oor ’n woord soos naai, die tweegatjakkals.

“Ek vind dit skaamteloos van julle, meneer Malan en meneer Johnson, skáámteloos, om die minste te sê, om mý van leuens te beskuldig, terwyl júlle die eintlike bedrieërs is. Julle is huigelaars! Wie dink julle is julle?”

Hahaha, dis nou ’n goeie fokken vraag. Hy klink nou soos ’n soapieskrywer wat die Ou Testament ingesluk het.

“Dit het fokol met jou uit te waai,” sê ek. “Jy wou ons doelbewus op ’n dwaalspoor bring. Ons weet nie hoekom nie, maar ons is hier om uit te vind.”

“Ek weet nie waarvan julle praat nie. Julle praat deur julle nekke!”

“Ja, en jy praat asof jy daai fokken boek wat daar op jou rak staan, Gif van die adder, ingesluk het.”

Dit lyk of Nagtegaal sy ore nie kan glo nie. Ek kom nou eers agter dat sy adamsappel nog nie een keer ’n wip gegee het vandat ons hier is nie.

“En dan laster julle boonop! En ek sal nie sulke taalgebruik in my huis duld nie! Moenie dink, moet vir geen oomblik dink …” sê hy. Sy wange raak rooi.

“Wat moet ons nie dink nie?” vra Rocky. “Moenie jý vir óns vertel wat om te dink nie. Wat daarvan as ons jou vertel dat jy die een is wat rentboys optel? Nogal onder die vals naam JR. En dat dit jy is wat vir Christopher naai en nie Stander nie.”

Nagtegaal se adamsappel gaan skielik haywire. Dit lyk of hy ’n asteroid wil kak. “Julle is van julle sinne beroof!” Sy stem is opeens ’n bietjie hoër.

“Ons het jou foto gaan wys vir die rentboys in Braamfontein en hulle ken jou. Dis JR, het hulle vir ons gesê.”

“Hulle lieg!” Nagtegaal spring op. Sy adamsappel hop soos ’n padda wat acid ingekry het. Hy bal sy hande in vuiste.

“Ag so?” sê ek. “Hoekom sou hulle so iets wou doen?”

“Julle moet met Christopher praat. Hy sal alles bevestig wat ek julle van Zander vertel het.”

“Christopher is vermoor,” sê Rocky. “Sy keel is afgesny.”

Dit lyk of die bloed uit Nagtegaal se gesig loop. Hy gaan sit weer.

“En ’n CD van jou, In my diepste drome, lê op ’n tafel in sy sitkamer,” dien ek die nekslag toe. “Ge-autograph. For Christopher. With love. Adam.”

Nagtegaal hap in die lug rond soos hy na woorde soek. “Julle lieg!” sê hy. “Het julle die CD gevat? Kom, wys dit vir my.”

“Nee, ons het dit daar gelos, ’n mens interfere nie met ’n murder scene nie,” sê Rocky.

Nagtegaal haal ’n sakdoek uit en vee die sweet van sy gesig af.

“As jy sê ons lieg en dat daar nie so ’n autographed CD bestaan nie, het jy mos niks om voor bang te wees nie,” sê ek. “En dan sal die polisie dit ook nie kry wanneer hulle Christopher se lyk ontdek nie.”

“Ek … ek … Julle dink tog vir geen oomblik …” Sy adamsappel gaan weer op overdrive.

“Ons het vir jou ’n klein verrassinkie.” Ek haal my foon uit en wys vir hom die foto van die CD wat ek in Christopher se flat geneem het. “Wie se gesig is dit op daai fokken CD? Joune! En sien jy jou autograph?”

“Iemand anders het dit op die CD geskryf. Dit was nie ek nie.”

“Daaroor sal ’n handwriting expert in die court case kan testify,” sê Rocky.

“En as dit so sou wees, wie sou dit daar geskryf het en hoekom?” vra ek.

Nagtegaal kan nie dadelik aan ’n antwoord dink nie. Sy hande begin bewe. Hy buk vooroor asof hy ’n kat wil skiet en hou sy hande in sy gesig vas.

“So, hoekom wil jy vir Zander Stander tot ’n val bring?” vra ek. “Wat het hy aan jou gedoen?”

“Asseblief! Moet vir niemand sê nie! Ek smeek julle!” stotter hy.

“Dus erken jy dit?” vra ek.

“Ek … ek …” Hy lyk soos ’n hond wat bang is dat hy met ’n stok geslaan gaan word.

“Hoekom het jy so ’n kakstorie aan ons afgesmeer? Wat de fok wou jy daarmee bereik?”

Hy beter nou soos ’n kanarie in ’n steenkoolmyn begin sing, ons moet hierdie storie nou gou agter die rug kry. Ek is nie lus vir ’n fokken gehanna-hanna nie.

“Ek … ek … Omdat ek vir Ben de Beer en Zander Stander haat!”

“Wel, dit moet pretty obvious wees,” sê Rocky. “Hoekom?”

“Hulle … hulle trap op almal om bo uit te kom! Zander is die sanger wat die meeste CD’s verkoop, wat die meeste geld maak, wat die grootste en beste karre en huise en plase kan koop, maar dis nie omdat hy regtig talent het nie. Dis omdat hy en Ben hulle pad boontoe oopkoop en lieg en bedrieg en almal om hulle pinkies draai en joernaliste, TV-aanbieders en radiomense omkoop met allerhande geskenkies en naweke op wildplase en kos en drank in deftige restaurante.” Hy raak skoon uitasem soos hy praat. Hy bly ’n rukkie stil. Dit voel of die lug dikker geword het.

“Jy is net jealous,” sê Rocky.

“Jaloers? Jaloers, sê jy? Gmf.” Nagtegaal gee ’n snorkie, haal sy sakdoek uit en vee weer die sweet van sy gesig af. “Jaloers, terwyl daar beter kunstenaars is wat eerder al daardie dinge verdien? Almal in die bedryf is al keelvol vir hierdie voortrekkery en manipulasie. Almal praat daaroor.” Nagtegaal tel weer stoom op. “Zander kan net sy pinkie lig dan is hy in al wat ’n tydskrif en koerant is. Jy kan nie die TV aansit nie, of daar is Zander. As hy nie potjiekos maak op Roer nie, doen hy verspotte dansies op Jou show met Emo of is ’n beoordelaar vir Kom ons karaoke. Volgende jaar gaan hy Europa toe om ’n reisprogram van dertien episodes vir kykNET te maak én hy het ook al in 7de Laan gesing. Hy was al hoeveel keer op Toks en tjops en Bring en braai, daar was al ’n program oor sy honde in Celeb se kind en sy video’s word twintig keer ’n dag op kanaal 146 gewys.”

Nagtegaal sug diep en beswaard. Sy adamsappel gee ’n enkele hop. “En hierdie Absa Vuur & Vlam Music Awards is net so ’n klug!” gaan hy dan verder. “Dat Zander drie kon wen, is ’n klad op die naam van die Afrikaanse musiekbedryf!”

“Hoe so?” vra Rocky.

“Dis nie die sangers wat dit regtig verdien wat wen nie. Die publiek moet per SMS vir hulle stem. Die kunstenaars wat dus die meeste energie insit om hulle Twitter- en Facebook-volgelinge op te sweep om vir hulle te stem, wen al die pryse. En boonop kan almal meer as een keer stem. En na wie toe dink jy gaan al die geld wat daai SMS’e kos?”

“Ek sidder om te dink,” sê ek.

“Juis, meneer Malan, juis. Ek ook, ek ook. En niemand weet hoe die nominasieproses in die eerste plek werk nie, daar word altyd ’n sluier van geheimhouding daaroor getrek. Daar is gerugte van afpersing, mediamanipulasie en seksuele gunsies. Het julle geweet Ben het Zander se naam as ’n handelsmerk geregistreer? En het julle al die produkplasings in sy video’s gesien? Karre, sonbrille, kos, klere van net die beste winkels …”

“En toe dink jy dit sal help as jy vals rumours oor Stander versprei?” sê ek. “Jy behoort te geweet het dat as so ’n lasterlike skinderstorie verkeerd bewys word jy in baie, baie diep kak kan beland.”

“Dis hoekom ek vir Christopher gevra het …”

Hy bly stil. Sy adamsappel roer nie. Hy vat weer aan sy druipsnorretjie en draai die haartjies tussen sy vingerpunte rond.

“Wat gevra het?” vra Rocky.

“Niks,” sê Nagtegaal.

Rocky spring op en gaan staan voor hom. “Moenie met ons fokken pussyfoot nie! Netnou kom die mense wat Christopher se keel afgesny het en sny joune ook af!”

Dit lyk of Nagtegaal se tjank nou afgetrap raak. Sy hande begin weer bewe. “Ek het niks met die moord op Christopher te doen nie, ek sweer! Hy is seker deur een van sy dwelmkonneksies vermoor, want hy het hulle alewig geld geskuld.”

“Be that as it may, Doris Day,” sê Rocky. “Wat het jy vir Christopher gevra?”

“Ek het hom vertel hoe boos Zander en Ben is. Ek het gevra hy moet my help om hulle tot ’n val te bring. Ek het die idee gekry toe ek gehoor het Zander het verdwyn. Ek het vir Christopher gesê ek sal vir hom ’n leerbaadjie koop as hy saamspeel. Dat hy moet beweer Zander tel manlike prostitute op en misbruik dwelmmiddels. Selfs al is dit nie die waarheid nie, sou die gerugte sensasioneel genoeg wees om Zander se reputasie ’n gevoelige knou toe te dien. Hy sal baie aanhangers en borge verloor, selfs al word niks bewys nie. Sy CD-verkope sal in die hek duik. Want mense sal altyd bly wonder.”

Dit klink nou of hy Die triomf van Afrikaans ingesluk het.

“Dit is maar ’n stupid en flimsy ou plannetjie as jy my vra,” sê ek. “Wat daarvan as hulle Stander sê nou maar die volgende dag gekry het? Jou plan is darem baie amateuragtig uitgedink. Jy behoort tog mos te geweet het hoe maklik dit sou wees om jou uit te vang.”

“Ek kan … ek kon nie meer mooi dink nie, ek dink dis al my medikasie se skuld.”

“Ag, moenie kak praat nie, man!” sê ek. “En Bronwyn Bester? Het jy haar ook gekry om saam te lieg? Hoe het jy haar oorreed? Wat het jy haar alles belowe?”

“Dit was nie moeilik nie. Sy is dolverlief op Zander, maar hy stel nie in haar belang nie. Hy het al met van haar vriendinne geslaap, maar sy is nie goed genoeg vir hom in dié opsig nie. Hy het haar net vir sy eie ydelheid misbruik. Dit is genoeg om enige vrou verbitterd te maak.”

“En toe wil jy die wêreld laat glo Stander doen wat jý eintlik doen. Hoe de fok het jou kop gewerk? Dit klink vir my maar net na ’n baie warped manier van projection,” sê ek.

Nagtegaal sê niks. Hy sit net voor hom en uitstaar.

“Ons moet waai,” sê Rocky en staan op. “Ons het baie werk om te doen.”

“Wat … wat moet ek nou doen?” fluister Nagtegaal skor. “Kan julle nie vir my die CD daar gaan verwyder nie? Ek sal vir julle R10000 gee.”

“Dink jy ons is van ons koppe af? Vergeet dit!” Ek staan op en ons beweeg voordeur toe. Toe ek by die boekrak verby loop, vat ek Die ontwakende man en glip dit in my sak in. Dit sal interessant wees om te sien waaroor dit gaan.

Nagtegaal drentel agter ons aan. “Asseblief … belowe my julle sal vir niemand vertel nie …” sê hy toe ons by die voordeur kom.

“Dis nie asof ons nou polisie toe gaan hardloop nie, Adam,” sê ek. “Ons moet vir Stander in die hande kry. We’ve got bigger fish to fry. En moenie vir ons vra wat jy moet doen nie. Vra jouself eerder af wat iemand soos JR Ewing sou gedoen het as hy nou in jou skoene sou gestaan het. Dink daaroor. Dink mooi daaroor. Dalk sal jy dán die lig sien.”

Daar bly niks meer oor om te sê of te doen nie. Ons sê koebaai en fokof. Nagtegaal is nou so bleek soos ’n vampire. Sy oë lyk soos Jack Nicholson s’n in One Flew Over the Cuckoo’s Nest.

4.

“Goeie genadige heilige fok,” sê ek vir Rocky toe ons die pad vat.

“Hy is fucked,” sê hy. “Big time. Waarheen nou?”

“Seker maar Fietas toe om te check of my ouma nog oukei is, as jy nie omgee nie.”

Ek kyk half afwesig na die koerantposters op die lamppale.

Beeld
TAAKSPAN
KRAP KOP
OOR ZANDER

Die son skyn te helder in my oë, asof hy alles wil uitbrand wat ek al gesien het. Ek moet weer daai cool Bob Dylan-shades opsit.

Voksmond
EKSKLUSIEF!
EKS-MINNARES
ONTHUL
OOR ZANDER

Ek krap in Rocky se cubbyhole om te sien watse CD’s daar is. Ek druk The Sex Pistols se Never Mind the Bollocks in en soek “God save the Queen”. Lekker heavy kitare en dirty riffs. Johnny Rotten skree sy longe uit oor die ou koei van ’n koningin en haar fascistiese regime wat morone van ons almal maak.

Daily Sun
KILLED
… FOR
AN AVO!

Ek draai die kar se ruit groter oop. Dit voel of ek nie genoeg vars lug kan kry nie. Daar is no future, gil Johnny, no future.

The Star
MANGAUNG:
CHAOS &
DISORDER

“Wat gaan nou ons next step wees?” vra Rocky.

“Fuck knows. Ek sou nie omgegee het om Zastron toe te ry en Die Oog te gaan soek nie. Maar ons het nou fokol geld. En ons kan anyway niks doen voordat ons van Beyers gehoor het nie.”

Sowetan
JUJU:
TAKE BACK
THE LAND!

“ASHHADU AL LA ILAHA ILLA-ILAH!” klink die aandgebed onheilspellend op uit die moskee in Mayfair se speakers toe ons voor my ouma se huis stilhou. “ASHHADU AL LA ILAHA ILLA-ILAH!”

Hier sluip weer ’n klomp scaly fokkers rond in De La Reystraat. Hulle is seker weer op ’n ander planeet van al die drugs. Oubaas en Hilda storm op ons af asof hulle die July hardloop toe ek die deur oopsluit. Hulle trippel asof hulle van my ouma se hoesmedisyne ingekry het. ’n Dooie voël lê onder die krismisboompie. Vere lê die wêreld vol. Dit was seker Diana se brekfis. Ek sweer Oubaas naai die boom wanneer ons nie hier is nie, want elke keer as ons hier kom, lê die ding onderstebo en is dit meer fucked-up. Die plastiekengeltjie se vlerke is ook al verfrommel. Ek probeer dit platstryk.

“DIE ERWE VAN ONS VAAD’RE!” bulder Pik.

“Jislaaik, ou Pik, ek is bly jy praat weer met ons!” sê ek.

“ERWE VIR ONS KINDERS!” antwoord hy.

My ouma roep nie soos gewoonlik uit haar kamer om te hoor wie hier is nie. Ek gaan na haar toe. Sy lê doodstil in die bed. Haar oë is toe. Sy slaap seker. Ek vat haar hand om haar pols te voel. Haar hand is baie koud en blouerig. Haar pols klop nie baie sterk nie.

“Hallo, Ouma!” sê ek hard. Sy word nie wakker nie. Ek hou my hand onder haar neus om te voel of daar asem uitkom. Ja, goddank tog. Dis so ’n flouerige wasempie. Ek skud haar aan haar skouers, maar sy word steeds nie wakker nie.

Ek gaan gee vir Oubaas en Hilda en Diana kos en Rocky gooi pitte en vars water in die bakkies in Pik se hok.

“Dalk moet ons vir Pik malpitte voer,” sê Rocky.

“Fok, kan jy imagine …”

“RUGBYMAL!” bulder Pik.

“Nee, ek dink nie malpitte is ’n goeie idee nie,” sê ek.

Ons sak in my ouma se afgeleefde gemakstoele neer. Ek voel geblaas en vuisvoos van al die kak wat gespat het. Rocky rol vir ons ’n joint.

“Wat ek nie kan kop nie, is watse soort mense fans is van Adam Nagtegaal en na sy shows toe gaan en sy CD’s koop,” sê hy.

“Sover ek kon aflei uit wat ek al gelees het, is dit maar hoofsaaklik middeljarige huisvroue in die Vaaldriehoek en Goudveld wie se grootste droom dit is om ’n make-over op Pasella of Glam Guru te wen en wat chroniese aambeie het.”

“Hahaha, ek scheme jy is spot-on, my ou.”

“Het jy geweet katjiedrieblaar en meidjiewillemse is ander woorde vir aambeie?” vra ek vir Rocky.

“Crazy, bru, Afrikaans is fokken crazy. Meidjiewillemse! Waar kom dit vandaan?”

“Ek weet nie. Ek dink dit is ’n ou woord wat al uitgesterf het.”

“KOPPIEKRAP!” beveel Pik. “KOPPIEKRAP!”

“Ag fok tog, Pik, kan jy nie sien ons is moeg nie!” sê Rocky.

“Ek het een van Nagtegaal se boeke gesteel,” sê ek. “Ek kon dit nie weerstaan nie. Die ontwakende man deur Harold Shryock.”

Ek haal dit uit my sak en maak dit oop. Dit is ’n boek vir tienderjarige seuns, deur P.A. Venter in Afrikaans vertaal, sien ek binne-in. Sentinel-uitgewery, Kaapstad. Derde druk.

Voor in die boek is ’n stuk papier geplak met ’n skoolwapen op en daaronder staan geskryf: Toegeken aan Andries Nel vir algemene netheid en dissipline in standerd nege, Hoërskool Handhaaf, 1979.”

“Andries Nel?” vra Rocky.

“Dit lui ’n klokkie. Wag, laat ek dink … O ja, dis mos Adam Nagtegaal se regte naam. Fok, hoor net van die hoofstukke se name: Bewyse van manlikheid. Geheime oor meisies. Om jou te help verstaan. Minnekosery. Hoe voel jy? Die keuse van vriende. Dagdrome. Tweedehandse dagdrome. Dink nugter.”

“O jirre, dit klink out of this world. Wat is minnekosery?”

“Dis ’n ander woord vir vry.”

“Vir naai ook, of net vir vry?”

“Ek dink net vir vry, maar dit kan seker naai ook wees, ek kan nie sien hoekom nie.”

“NAAI DIE WAATLEMOEN!” bulder Pik.

“Dis saai die waatlemoen, Pik, nie naai die waatlemoen nie!” raas ek met hom.

Ek blaai rond in die boek. ’n Paragraaf op bladsy 36 vang my oog.

“Hoor hier wat skryf die ou, Rocky: Selfbevlekking verminder die jong persoon se agting vir sy voortplantingsorgane. Dit bring hulle werking op ’n bloot liggaamlike vlak liewer as om die begrip te beklemtoon dat die organe ’n heilige erfenis is.”

“Jirre, dis priceless!” lag hy. “Ek het nie geweet my piel is ’n heilige erfenis nie. Wat ’n awesome gedagte. Lees nog!”

Die jong persoon wat ongelukkig genoeg is om van selfbevlekking ’n gewoonte te maak, voel gedurig neerslagtig en moeg. Hy hou hom dom eenvoudig omdat hy nie genoeg energie het om wakker te bly nie. Hy het nie meer lus om te studeer nie. Daarom raak sy verstandelike ontwikkeling vertraag. Sodra twee moontlikhede hulle aan hom voordoen, kies hy die maklikste uitweg.”

“Crazy shit …”

’n Paragraaf verder lees ek: “Nog ’n tragiese uitwerking van die gewoonte van selfbevlekking is dat die jong persoon wat dit doen, besef dat hy iets doen wat mense met hoë ideale nie goedkeur nie.”

“Watse hoë ideale?”

“Dit sê nie hier nie. Ek sal vorentoe in die boek moet kyk om te sien wat die skrywer daarmee bedoel.”

“So, draadtrek is sonde. Have a heart. Maar is dit ook sonde as iemand anders jou draad trek?”

“Hahaha, goeie vraag. Ek het nou die dag in die koerant gelees in China is dit nou wettig om iemand anders se draad te trek. ’n Massage met ’n happy ending is ook nou nie meer teen die wet daar nie. En in Japan is ’n robot ontwerp wat handjobs gee.”

“Ag, jy praat kak, man!”

“Ek belowe jou,” praat ek die waarheid. “Hoekom sou ek nou wou lieg? Gaan google dit as jy my nie glo nie.”

“KOPPIEKRAP!” sê Pik ongeduldig. “KOPPIEKRAP!”

Ek lees verder waar ek laas opgehou het. “Daarom is hy skaam vir sy gewoonte. Hy probeer om dit vir sy vriende en familie weg te steek. Vrees dat dit ontdek kan word, laat hom ongemaklik voel. Hierdie geheimsinnigheid en vrees ontneem hom van sy lewensgeluk. Daar is verskeie nuttige wenke vir die tienderjarige seun wat hom teen hierdie gewoonte wil beskerm. Eerstens moet hy op sy hoede wees vir seuns wat maar alte gewillig is om hom hierdie dinge te leer. Sulke seuns het reeds self die gewoonte gevorm en dis asof dit vir hulle ’n onheilige plesier is om ander te leer om dit ook te doen. ’n Tweede wenk is om onnodige hantering van die penis te vermy. Nog ’n faktor wat help om selfbevlekking te vermy, is die vermyding van die soort leesstof, geselskap en dagdrome wat oor seks gaan. Wanneer ’n tiener sy gedagtes in hierdie rigting laat stimuleer, is die gevolg toenemende spanning in sy voortplantingsorgane. Dit maak dit baie maklik vir hom om selfbevlekking op die proef te stel.”

“Dit raak nou vir my skielik baie clear hoekom Nagtegaal so ’n twisted freak is,” sê Rocky.

“Kan jy imagine wat dit aan jou kop moet doen as jy ’n boek soos dié lees terwyl jy nog ’n kind is wat nie vir jouself kan dink nie? Om te glo draadtrek is sonde! Fok, waar het jy nou al van sulke volslae kak gehoor? Dis niks anders as brainwashing nie! En kan jy dink hoeveel mans hierdie boek al gelees het? Dit moet fokken baie wees, want hierdie is al die derde druk.”

Ek blaai ’n entjie verder in die boek.

“Maar dis nie al nie. Hoor hier: Daar is ’n soort vriendskap waarteen ek jou moet waarsku. Ek verwys na die verhouding tussen lede van dieselfde geslag wat homoseksualiteit genoem word. Hierdie woord word gewoonlik nie in die openbaar gebruik nie. En dis ook maar goed dat dit so is, want normale mense en gesonde persoonlikhede kan nie verstaan hoe daar ’n liefdesverhouding tussen twee mans of twee vrouens kan ontstaan nie.”

Ek klap die boek toe en gooi dit eenkant toe. “Ek het nou die dag iets baie interessants in die koerant gelees,” vertel ek vir Rocky. “Daar is ’n plek wat research doen oor waarna die meeste mense op Google soek. Nigerië en Pakistan is twee van die mees homophobic lande ter wêreld. En raai wat is die gewildste Google searches daar? Gay porn, shemale sex, teen anal sex en man fucking man.”

“Is jy serious?” vra hy.

“Ja. Jy kan dit google as jy my nie glo nie.”

“BUIG DIE BOOMPIE! BUIG DIE BOOMPIE!” roep Pik uit.

“Jirre, Rocky, Pik is too much. Hoe sou hy nou weet om só ’n ding te sê?”

“Wat beteken dit?”

“Buig die boompie terwyl hy nog jonk is. Dit beteken om dissipline by ’n kind te kweek.”

“Goeie fok. Dit klink eerder of dit moet wees knak die fokken boompie. Of dalk bedoel Pik maar net daarmee: rol ’n zol en rook daai boom.”

“Nee hel, Rocky, ek weet nie. Daar gebeur deesdae te veel weird shit. ’n Papegaai wat psychic is! Waar in jou lewe het jy al van so iets gehoor?”

“Hy klink soos ’n intellectual. En as hy ’n intellectual is, kan hy nie die reincarnation van Siener van Rensburg wees nie, want Siener was nie ’n intellectual nie. Dalk is Pik Einstein se reincarnation.”

“Of Nietzsche s’n.”

“SLAET OPTEN TROMMELE VAN DIRREDOMDEYNE!” babbel Pik.

“O hel, dan begin hy nou nog in tale ook praat …”

“SLAET OPTEN TROMMELE VAN DIRREDOMDOES!”

“Nee wat, Pik, dis tyd dat jy slaap, jy klink totaal van jou wysie af. Rus nou lekker,” sê ek en gooi die handdoek wat langs sy hok lê daaroor.

“KOPPIEKRAP! KOPPIEKRAP!” protesteer hy. Rocky haal die handdoek af en steek twee vingers deur die tralies van die hok en krap Pik se kop tot hy rustig raak en sy bek hou. Dan gooi hy weer die handdoek oor en is daar ’n doodse stilte in sy hok.

“Hoor hier, bru, ek gaan vanaand by my plek slaap,” sê Rocky. “Ek moet ’n slag skoon kom en vars klere aantrek en e-mails check. Ek’s fucked. Dan sal ek môreoggend check of daar bucks is vir petrol sodat ons na Die Oog toe kan gaan.”

“One time, bru.”

“Koebaai, Oubaas! Koebaai, Hilda!” sê Rocky. “Moenie kak vat van Diana nie!” Die poedels trippel in die gang af na my ouma se kamer om by haar op die bed te gaan uitpass.

“LIEFDE IS ’N STILLE RIVIERSTROOM!” brom Pik half deur die slaap net toe Rocky by die voordeur kom.

“Fok, dis ’n freaky voël daai. Cheers, bru,” sê Rocky voor hy in die nag in verdwyn.

Ek het nie krag om na my plek in Brixton te gaan nie en besluit om maar weer hier in Fietas te slaap. Ek krap in my sak rond en sien daar is nog drie Adcodols, prys die Heer. Ek pop twee. Ek weet nie hoe de fok anders ek geslaap sal kry nie.

Ek sit al die ligte af en krul my op die sofa op. Ek trek die gehekelde tafeldoek wat ek in een van my ouma se laaie gekry het tot onder my ken. Ek scroll op my foon rond en soek ’n nuwe ringtone. Dan switch ek dit af en sit dit op die vloer langs die sofa neer. Nou moet ek seriously probeer om my kop leeg te kry. Ek asem elf tellings lank deur my neus in, hou dit daar vir vier tellings, blaas die lug dan stadig vir sewe tellings deur my mond uit en herhaal dit oor en oor. Dit werk altyd soos ’n fokken bom. Ek begin soos ’n klip diep onder in ’n rivier voel. Dan pass ek uit.

Reg in ’n nagmerrie in. Dit is laatnag en ek loop alleen deur die leë strate van ’n stad. Skielik kry die winkelpoppe in die klerewinkels lewe. In hulle hande klou hulle al die foto’s vas wat ek verloor het toe my computer gecrash het. Ek sien die gesigte van mense op die foto’s. Hulle kyk my beskuldigend aan. Die winkelpoppe begin crazy ritteldanse doen. Hulle stroop hul klere af. Hulle verander in geraamtes en begin al hoe vinniger dans. Dan word hulle skielik slange wat hul eie sterte probeer vang. Pik vlieg skielik skreeuend oor my kop, maar hy lyk soos ’n avatar van ’n vlermuis so groot soos ’n arend. “Moenie spoke opjaag nie!” gil hy. Hy klink soos Ozzy Osbourne wat ’n skeermeslemmetjie ingesluk het. Om die volgende straathoek kom ’n man gestap. Hy het ’n lang swart jas aan. Sy oë staan stokstyf in die twee gate in sy balaklava. Hy het ’n krieketkolf in sy hand. Hy storm op my af en begin my hard bliksem. Ek hoor hoe breek my bene en kraak my kniekoppe. Hy fok my behoorlik op. Wanneer ek in my bloed en kots op die sypaadjie lê, gooi hy die kolf eenkant en haal sy mus af. Dis Christopher. Hy haal sy piel uit en pis op my en draai om en loop weg. Dan is die winkelpoppe skielik weer om my. Hulle het elkeen ’n mes in die hand waarvan die lemme soos weerlig flash. Ek kan nie al die poppe se gesigte uitmaak nie, maar herken Ben de Beer en Zander Stander s’n. Daar is waansin in hulle oë. Hulle piele staan stokstyf. Pik vlieg weer soos ’n mal ding verby. Hierdie keer lyk hy soos Hitler sonder ’n draad klere. Sy dun, lang, bleek piel vol bultende pers are swaai heen en weer in die wind. “Moenie spoke opjaag nie!” jodel hy in ’n stemmetjie soos dié van Heidi in die berge.

Die winkelpoppe gryp my en ontvoer my en as ek weer sien, lê ek kaal en vasgebind op ’n bed in ’n kelder iewers diep onder die stad. Alice Ellis buk wydsbeen oor my en skuur haar ghwaf op en af oor my mond en neus. Sy knyp my neus toe daarmee en ek kan nie asem kry nie. Dan verander sy skielik in ’n dominatrix wat nes Dora de Wet lyk. Sy hou my piel vas soos ’n stuk wors in ’n slaghuis en wil dit met ’n skerp mes afsny. Pik swiep blitsig verby. Hy lyk soos Spiderman. “Moenie spoke opjaag nie!” skree hy skril soos ’n gremlin en pik Dora se oë uit. Dan word die bed ’n altaar. Adam Nagtegaal lê daarop en spartel. Hy is met kettings vasgebind. Iemand wat soos iets uit die Ku Klux Klan lyk, gooi petrol oor hom uit en steek hom aan die brand. Die vlamme lek tot byna aan die hemel. Nagtegaal kraak en sizzle soos bacon in ’n pan. “Hosanna! Hosanna!” skree die ander skimme om die altaar en begin dans en tamboeryne skud en simbale slaan asof hulle die jitters het.

Dan is die dansende skimme skielik in ’n nightclub. Die lug ruik na rook en poppers en pis en sweet. Die rockgroep Die Swart Hond is op die verhoog. Die kitaarspeler spring op en af asof ’n mamba hom in die hol pik. Die baskitaarspeler se oë rol in sy kop asof hy visioene sien. Die drummer gaan so te kere dat dit lyk of hy ’n epileptic fit kry. Die sanger staan vooroorgebuk asof hy wil kots en skree die song se woorde soos iemand wat in die maag geskiet is:

Programmeer! Kondisioneer!

Staan op! Sit!

Wag hier! Gaan soontoe!

Kom in! Bly buite!

Skep! Vernietig!

Wees ambitious! Ken jou plek!

Volg jou eie kop! Luister wat die baas sê!

Praat jou gat af! Hou jou bek!

Aanvaar! Verwerp!

Wees spontaan! Dink wat jy doen!

Spaar! Koop! Belê! Deponeer!

Hierdie kant! Daardie kant!

Hou oop jou oë! Moenie kyk nie!

Druk jou ore toe! Luister na my!

Programmeer! Kondisioneer!

Programmeer! Kondisioneer!

Programmeer! Kondisioneer!

Skielik word die dansende skimme weer winkelpoppe. Hulle steek al my foto’s aan die brand. Al die gesigte daarop word as wat in ’n wolk oor die stad neersak. Ek stap verder deur die leë strate. Die wind huil soos ’n hond wie se keel afgesny is en wat hom doodbloei.

Dan word die nagmerrie skielik ’n droom. Ek is moeg gestap en gaan lê op my bed in my buitekamer. Dis doodstil. Kurt klim uit die poster teen die muur. Hy is kaal. Hy kom na my toe en sit sy hande op my skouers. Hulle is sag en warm. Hy soen my. Dan skeur hy my T-shirt af, maak my belt los en trek my broek en onderbroek af. Hy draai my om en begin my diep en stadig naai. Ek voel sy asem in my oor en sy hare teen my wang. Hy sing “Come As You Are” se woorde saggies vir my. “One time, bru …” sê ek en hy begin vinniger naai, en dis fokken lekker, en dan sê hy vir my dit is nou my beurt en fluister in my oor dit wat hy nog vir oulaas wou sê voor hy dood is, maar toe nooit gesê kon kry nie. Ek kan my ore nie glo nie. Hy sê ek moet vir niemand vertel nie.