Die verhaal agter die verhaal, vertel uit die binnekring van ’n verskeurde familie wat rou…
Goeie Vrydag 2012: Die nuus van die driedubelle moord op die Steenkamps se plaas versprei soos veldbrand. Deon, Christel en hul blonde tienerdogter Marthella is vermoor. Marthella is verkrag. Klein Don is ongeskonde.
Boere vorm kommando’s om na die voortvlugtendes te gaan soek… Maar soos die stof gaan lê, vorm ’n nuwe prentjie. ’n Jong, wit seun word van die moord aangekla. So skeur Griekwastad in twee – sommige inwoners glo dat die seun wel die moorde kon pleeg, ander is oortuig die polisie het ’n fout gemaak.
Die seun word skuldig bevind. Die familie en gemeenskap is verskeurd. Hoe kon so iets gebeur met ’n doodgewone plaasgesin?