Die Einde Van Die Wêreld

Die Einde Van Die Wêreld

Ruimterotse wat die aarde tref, supervulkane wat vastelande verwoes, vyandige wesens van ander planete, megatsoenami’s, zombies of sonstorms … Hoe sal die aarde tot sy einde kom? Johannes Bertus de Villiers ondersoek die voorspellings van waarsêers van Nostradamus tot Siener van Rensburg, en gesels met wetenskaplikes, sterrekykers en oorlewingskenners.

In die proses vind hy uit waarom ryk Europeërs skuilplek in die hooglande van Lesotho soek en miljoenêrs ondergrondse bunkers vol blikkieskos het.

Die groot vraag is: Wat sal jý doen wanneer jy hoor die wêreld gaan binnekort eindig?