Mastering the Balance of A Healthy Life and Body · A Simple guide to a Healthy Lifestyle in 90 days

Mastering the Balance of A Healthy Life and Body · A Simple guide to a Healthy Lifestyle in 90 days
Authors
Smith, Patricia Riley
Publisher
Groep 7 Drukkers
ISBN
9781920290764
Date
2011-03-30T00:00:00+00:00
Size
0.19 MB
Lang
en
Downloaded: 25 times

"Waar is my tiekie?"

'n Reis deur my jeug. Die lewe is goed vir my... Ek is 'n kind van Namibië. En ek weet alles... Waarom daar niks heiligs is omtrent Okahandja se kraanwater nie. Hoekom ek en Marinette moes omdraai. Die Oer-Son moes sterf. Boesmans trek as dit reën in die woestyn. Dit beter is om te sterwe as om dood te gaan. Daar te min god is. Waarom daar nog koedoes oor is in Namibië. Daar 'n stoffie op die maan uitgeslaan het. My weermagjaar 'n goeie jaar was. Waarom ek net die sagste dubbellaag wit toiletpapier koop en nie appelkooskonfyt eet nie! Waar 'n meisie se gaatjie sit... Wat ek nie geweet het nie, wat ek eers uitgevind het toe ek al amper vyftig was, is dat ons arm was.

Lariza van Emmenis: "Waar is my tiekie" lees baie lekker en gemaklik, en dit is altyd vir my die beste maatstaf. Ek wil nie worstel deur iets wat ek lees nie ... mens worstel genoeg met die lewe! Die stories is interessant en ek hou daarvan hoe daar meestal in een vertelling twee storielyne parallel ontwikkel. Dit hou mens se aandag gevange. Die taalgebruik is natuurlik en pas by die tipe vertellings. Die resultaat is 'n knus, lekkerleesbundel, nie net vir die skrywer se familie en vriende nie, maar waarin enige iemand wat belangstel in daardie tipe literatuur hom kan verlustig.