Marilyn

Marilyn
Authors
Chanette Paul
Publisher
LAPA Publishers
Date
2021-06-28T13:00:45Z
Size
0.69 MB
Lang
af
Downloaded: 3 times

Omring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie.Sy is ʼn kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek enverdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe. Dis iets waarmee sy gedinkhet sy vrede gemaak het.Met die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilynal hoe meer bewus maak van haar sterflikheid, is dit seker nie vreemd om bestekop te neem van wat agter lê nie. Dit moet wees waarom haar gedagtes deesdaeaanhoudend terug foeter na die verlede toe. So ver terug as daardie jaar toe syPaul Avenant ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van diéontmoeting. Nie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne dingna die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het. Hier waar symet haar seun kon herenig en, as enorme bonus, die vywervroue leer ken enhegte vriendskappe gesmee het.Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in dieregte plekke...