Die Griekwastad Moorde

Die Griekwastad Moorde
Authors
Steenkamp, Jacques
Publisher
Zebra Press
Tags
nuwe uitgawe: sluit die vonnisoplegging in en maak vir die eerste keer die moordenaar se identiteit bekend …
ISBN
9781770228511
Date
2014-11-05T00:00:00+00:00
Size
5.70 MB
Lang
af
Downloaded: 102 times

NUWE UITGAWE: SLUIT DIE VONNISOPLEGGING IN EN MAAK VIR DIE EERSTE KEER DIE MOORDENAAR SE IDENTITEIT BEKEND ... Die vrede en stilte in die Noord-Kaapse dorpie Griekwastad is kort na skemer op Goeie Vrydag, 6 April 2012, versteur toe 'n tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp ingejaag het en met skreeuende remme voor die byna verlate polisiestasie tot stilstand gekom het. Dit was net voor 19:00 toe Don Steenkamp, vol bloed, uit die voertuig gespring het en die aanklagkantoor binnegestorm het met die nuus dat sy ouers en suster op die familieplaas Naauwhoek wreedaardig geskiet en vermoor is. Alhoewel daar aanvanklik gedink is dat die moorde net nog 'n plaasaanval was, is Don maande later vir die moorde gearresteer. Hierdie storie is die aangrypende verhaal, gebaseer op onderhoude met al die betrokkenes, van wat werklik op daardie noodlottige dag op die plaas Naauwhoek gebeur het, soos vertel deur die verslaggewer wat eerste daaroor berig het ...