|
Notas |
1 Sien bv. J. Pauw: Dances with Devils – A Journalist’s Search for Truth en Into the Heart of Darkness: Confessions of Apartheid’s Assassins.
2 Sien bv. D. Potgieter: Totale aanslag – apartheid se vuil truuks.
3 J. van der Merwe: Trou tot die dood.
4 W. Grové: Padkaart van ’n speurder – my storie.
5 Sien bv. P. Stiff: The Covert War – Koevoet Operations; P.J.Wessels: Uit nood gebore; A. Durand: Zulu Zulu Golf – Life and Death with Koevoet; S. Kamongo: Skadus in die sand; J. Marais: Tydbom en J. Hooper: Koevoet!
6 Sien A. Brown: Street Blues en A. Faul: Behind the Badge.
7 Patrysspeurders was ’n skepping van die destydse jeugtydskrif Patrys waarin laer- en hoërskoolkinders bewus gemaak is van misdaad.
8 In 1972 het die 56-jarige Theo Salzmann in sy voertuig langs die Vaalrivier gesit toe ’n groep wit jeugdiges hom genadeloos aangerand en vir dood agtergelaat het. Hy is in die hospitaal opgeneem, maar het nooit regtig herstel nie en is vier maande later oorlede. Charles het as oudste seun die begrafnisrede gevoer. Die jeugdiges is gevang en gestraf, maar die gebeure het Charles se renons in gewelddadige misdadigers waarskynlik net versterk.
9 In die nuwe bedeling het die konstitusionele hof bevind dat die bepalinge daarvan ongrondwetlik is. Dit is gevolglik gewysig, wat die polisie se magte om voortvlugtiges straffeloos te dood aansienlik beperk het. Dit het ’n nuwe beleid van minimum geweld teen misdadigers ingelui.
10 Nadat Charles die polisiemag in 1992 verlaat het, het Neethling hom genader om deel te word van ’n private forensiese ondersoekmaatskappy wat hy wou stig. Sien hoofstuk 23.
11 Tot so onlangs soos 2012 is ’n TV-dokumentêr oor die bankrooftog gemaak en op kykNET uitgesaai en ’n oorsese filmspan beoog om ’n vollengterolprent daaroor te maak.
12 Kort ná die Rohwein-ondersoek het De Swardt en Charles se professionele paaie geskei toe De Swardt na Port Elizabeth verplaas is, waar hy as ’n brigadier afgetree het. Hy is vroeër vir ’n paar jaar na Pretoria verplaas waar hy bekendheid verwerf het met sy optrede tydens die Silverton-bankbeleg in 1980. Hy het ongewapen onderhandel met drie swaar gewapende MK-lede, wat ’n aantal bankpersoneel en kliënte gyselaar gehou het. Uiteindelik is drie gyselaars en al die MK-lede doodgeskiet. Die gebeure het wêreldwyd opslae gemaak.
13 Saunders was een van die legendariese lede van die suksesvolle Springbokrugbyspan wat in 1951 na die Verenigde Koninkryk getoer het.
14 Die bankagentskappe het verdwyn met die amalgamasie van Trust- en Volkskasbank saam met die United- en Allied-bougenootskappe in ABSA en ’n algemene sentralisasiebeleid in die Suid-Afrikaanse bankwese.
15 Ferdie Barnard se naam is oor die jare in die media en boeke meestal verkeerdelik as “Ferdi” gespel.
16 Pauw en Hofmeyr was in ’n polemiek in Rapport betrokke oor laasgenoemde se sosiale betrokkenheid by Haynes. Hofmeyr en die oud-Springbok Joost van der Westhuizen en dié se vrou, Amor, is by Haynes se luukse huis aan die Wes-Rand onthaal en weelderige voertuie, wat Haynes onwettig bekom het soos dit later sou blyk, is aan hulle geleen. Van der Westhuizen het sy verbintenis met Haynes later as naïef beskryf.
17 Sien hoofstuk 17.
18 Sien “Nou’s dit weer Mike, Ralph en Barney . . .” in hoofstuk 11.
19 Die eerste halssnoermoord het waarskynlik op 23 Maart 1985 op Uitenhage plaasgevind toe ’n swart raadslid op dié manier vermoor is nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ’n beriggewer van die regering is. Winnie Mandela het haar beeld groot skade berokken toe sy in 1986 gesê het: “Together, hand in hand, with our boxes of matches and our necklaces, we shall liberate this country.”
20 Stevens het beweer dat die skade van die vuishou hom ’n wêreldtitelgeveg gekos het.
21 Mostert was die jongste lid van die Wes-Randse Moord-en-rooftak toe hy in 1984 as 24-jarige gekeur is om na die eenheid oorgeplaas te word. Hy het aan my gesê hy het as jong ondersoekbeampte in die vyf jaar voordat hy in 1989 na die Brixtonse tak oorgeplaas is as ondersoekbeampte opgetree in meer moordsake waarin die doodstraf opgelê is as wat hy kan onthou.
22 Daar was nog twee verdere teregstellings in 1990 en 1991 in die twee tuislande Bophuthatswana en Venda, wat in daardie stadium deur die Suid-Afrikaanse regering as onafhanklike state geag is.
23 Heyns is ’n regsgeleerde aan die Universiteit van Pretoria wat sedert 2010 ook die Verenigde Nasies se spesiale rapporteur oor buiteregtelike, summiere en arbitrêre teregstellings is. Sy pa was prof. Johan Heyns, ’n moderator van die NG Kerk, wat op 5 November 1994 in ’n sluipmoord in sy huis in Pretoria koelbloedig doodgeskiet is.
24 Sien bv. H.G. Pieters: “Psigiese uitbranding by onder-offisiere in die Suid-Afrikaanse Polisiediens”. Ongepubliseerde M.A.-verhandeling, PU vir CHO, 1995, en D. Holland-Muter: “Die rol van gehardheid in verdedigingsmeganismes in uitbranding onder lede van die S.A. Polisie”. Ongepubliseerde verhandeling ter gedeeltelike vervulling van die M.A.-graad, Universiteit van die Vrystaat, 2010.
25 Volgens die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat is 932 mense in 2011-’12 in polisieaanhouding dood.